Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 6

Juffrou Myburgh: Cheerleader-afrigter: Ek sou graag wil hê dat hulle vir die netbal- en hokkiespanne ook moet dans. Om almal te onders- teun en die gees op alle vlakke uit te beeld. Kultuurhoof: Definitief vir meer kultuurtyd onderhandel. Marimba-orkes-afrigter: Om die marimba orkes langs die sportvelde op Saterdae motiverende liedjies, soos Eye of the Tiger, te laat speel. Dis goeie blootstelling! Meneer Coetzer: Hoofseun: Ek sou seker maak dat die sport meer ondersteuning vanaf my medeleerders kry! Spelathon onderwyser: ‘n Bietjie huil omdat taal nie my sterkste punt is nie en dan sal al- mal in die skool daarna baie goed kan spel. Biokinetikus: Die heel eerste ding wat ek sou doen ,is om die snoepie se spys- kaart te verander . 5 Juffrou Dreyer: Drama onderwyser: Ek sou opgewonde wees om met ‘n goeie rede te skreeu en te raas. Skoolsielkundige: Dadelik begin huil omdat ek nie al die kinders kan help nie Die eerste netbal-afrigter: Vir myself kniebeskermers kry! Meneer Barnard : LO-onderwyser: Ek sou aan die begin van die dag, tydens rye, ‘n intensiewe aero- biese oefeningsesssie aanbied om al die muf op van die leerders se breinselle af te skud. Hopelik sal ALLE leerders vir een dag met ‘n vars verstand funksioneer. Tennis afrigter: Elke oggend se personeelvergade- ring sal met ‘n sessie Wii-tennis afskop. ‘n Gesonde liggaam hu- isves’n gesonde gees … Koshuisvader: Die koshuisleerders sal definitief 3 km elke oggend voor ontbyt moet draf.