Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 25
Cheerleaders 2019
Die cheerleaders het die jaar op ‘n baie hoë noot en met nuwe tradisies
begin. Juffrou Claasens het die jaar by die cheer squad as ons organiseerder
aangesluit en bring heeltemal ‘n ander tipe gees na vore. Na die oudisies het
niemand eintlik gedink dat die keuse Hoërskool Grens se cheerleaders kan
wees nie, maar om verskillende persoonlikhede te kombineer, kan na ‘n on-
verwagte uitkoms lei.
Die cheerleaders van 2019 maak geskiedenis deur die eerste dansgroep te
wees wat op ‘n geesboukamp gegaan het en asof dit nie genoeg is nie, is daar
seuns ook bygevoeg. Die geesboukamp wat op 9 tot 10 Maart plaasgevind
het, was nie net ‘n kamp vir die meisies nie, maar wel ‘n naweek van groei
en ‘n geleentheid om almal beter te leer ken. In die begin was niemand rêrig
lus vir kamp nie, maar een ding waarvan ons almal van kan getuig, is dat ons
het geleer wat dit is om ‘n ware cheerleader te wees en ek dink daaroor is
niemand spyt nie. Die dansgroep van 2019 is verseker nie aan die slaap nie,
want as dit kom by danse opmaak of sing, hou hulle almal wakker.
Die jaar is nog lank en daar is nog baie wedstryde wat voor lê. Een ding wat
die CHEER SQUAD vir die skool kan belowe, is dat daar altyd gees sal wees
as die cheerleaders van 2019 daar is. Ons is glad nie meer net ‘n dansgroep
nie, maar “susters” wat vir ‘n rede bymekaar gesit is, want almal in die groep
beeld iets uit. Positiwiteit, selfvertroue en respek is wat ons almal in die groep
het. Die cheerleaders van 2019 het nog baie planne en as ek ‘n leerder was,
sou ek dit beslis nie mis nie.
24