Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Página 15
Die Ironman-kompetisie
Deur Jayden Witbooi
Die Ironman-kompetisie vind
elke jaar op 26 tot 27 Januarie
plaas. Dit is ‘n driekamp wat uit
swem van 1.9 km, ‘n fietsrit van
90.1 km en ‘n halfmarathon
van 21.1 km bestaan. Altesaam
is dit ‘n uitmergelende 113.1
km en om alles glad te laat ver-
loop, verg dit hardwerkende en
toegewyde vrywilligers.
Elke jaar vra die organiseerders
vir die skole in die omgewing
vir vrywilligers om met die
organisasie te help. Van al die
skole is Grens eerste op die
lys. Ons skool was so betrou-
baar in die verlede dat hulle
ons vanjaar gevra het om ons
getalle van 50 na 100 leerders
toe te verdubbel. Ons is in vier
groepe verdeel nl. registrasie,
fietse, strookers en sakkies. Die
Saterdag voor die driekamp
moes die Registrasiegroep om
eenuur die middag daar wees
om met die registrasie van elke
atleet te help.
Daardie Sondag moes die ander
drie groepe al om kwart voor
vyf in die oggend by die
Orient-teater, langs die Wens-
fonteintjie, wees. Daarna het
ons in ons groepe verdeel en na
ons poste gegaan. Die Sakkies-
groep was verantwoordelik
om seker te maak dat al die at-
lete se
persoonlike items in hul
sakkies is en op die regte plek
gehang word. Die Strook-
ers-groep moes die atlete help
om hul natpak uit te trek en die
Fiets-groep moes die fietse, na-
dat die atlete klaar gery het, vat
en dit gaan bêre.
Om ‘n vrywilliger by die
Ironman-kompetisie te wees,
verg baie harde werk, maar om
te sien hoe Xolani, ’n atleet met
‘n geamputeerde been die stryd
sonder enige twyfel aandurf,
het my moed gegee om aan te
hou en my gewys dat enigiets
moontlik is solank jy net hard
daarvoor werk.
14