Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 11
LEKKER HERINNERINGE
Deur Anja Holtzhausen
Wat was Juffrou/Meneer se lekkerste herinnering in
Juffrou/Meneer se kinderdae?
Juf. Scheün
“Sondagmiddae op die plaas. Ek, my broer en Pa het in die bosse
gaan rondkruip terwyl my ma rus. Ons het ons pa nie baie in die
week gesien nie; so dit was baie spesiaal vir ons.”
Juf. Hollander
“Die groot verskeidenheid vrugtebome in ons erf en my twee per-
de, Rocket en Whisper.”
Mnr. Du Plessis
“Ek het in Cradock grootgeword. Ons vriendekring het ‘n tuis-
gemaakte boot gehad waarmee ons gereeld op die Visrivier geroei
het. Asook plaasvakansies.”
Juf. Knickelbein
“My ma het elke Vrydag die heerlikste sjokoladekoek of melktert
gebak. Ons kon nie wag om na skool by die huis te kom om dit te
geniet nie. My pa het ook baie vis gevang en ons het altyd op ‘n
Saterdag of Sondagaand vars vis geëet.
So het elke persoon baie herinneringe waarna ‘n mens verlang en
altyd sal koester.
10