Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 9

aktueel Is populariteit regtig so belangrik? Deur Hilde Steyl Daar kom ‘n tyd in ons lewe waar ons die woord, populariteit, bevraagteken. Wat beteken die woord eintlik? Is ek populêr en hoe beïnvloed dit my hoërskoolloopbaan asook my lewe daarna? Die konsep van populariteit van ‘n persoon of item kan gedefinieer word in terme van smaak, aantrek- king en dominansie. Selfs baie jong kinders weet al klaar wie die sosiale mag in hulle klaskamer het en in die vyfde of sesde graad kan populariteit hul selfbeeld baie negatief asook positief beïnvloed. Populariteit gaan nie net oor om gewild tussen ander te wees nie. Dit het baie te doen met hoe gelukkig jy kan wees. Hoe meer kinders om jou is, hoe meer goed voel jy oor jouself. Daar is gevalle wat elke kind oor die sterretjie in die groep omgee, maar daar is ook gevalle waar hulle maar net vermaak van die “ster” wil hê. Volgens Mitch Prinstein, die skrywer van die boek, Popular: the power of a likability in a status obsessed world, is populariteit belangriker as wat ons dink. Ons sal wel eendag dink dat ons dit in die hoërskool agtergelaat het, maar dit sal nog steeds deel van die volwasse speelplek wees. Nog ‘n navorser, Bob Hirshon, het gevind dat kinders wat populêr is, minder aggressief is as dié wat nie so populêr is nie. Kinders wat populariteit ervaar, voel goed oor hulself juis omdat daar so baie mense om hulle is wat vir hulle die nodige aandag gee. Populariteit kom nie net tussen kinders voor nie, maar ook in die band tussen die kind en sy ouers. Ouers beïnvloed kinders se populariteit omdat hulle met die kind se sosiale lewe inmeng. Hoe meer die ouers inmeng, hoe meer gewild word die kind tussen sy/haar vriende. Daar is ‘n geval waar dit nie so is nie. Die populariteit van die kind kan ook deur die ouers se gene oorgedra word. Daardeur weet die kind hoe om sy/haar naam te gebruik en ‘n goeie indruk te maak. So vra jouself die volgende vrae: • Het ek baie vriende? • Pas ek in? • Hoe gewild is my sosiale lewe? • As ek moet, sou ek bereid wees om my vriende in die rug te steek sodat ek in die mees gewilde groep kan wees? • Sal ek kinders wat sukkel, help en bystaan of is dit nie ‘n populêre ding om te doen nie? Om die vraag te antwoord: Dit hang meestal van jouself af hoe jy populariteit ervaar. Dit hang ook af of jy ‘n goeie leier kan wees en of jy sterk sal kan staan as iemand jou selfbeeld negatief begin invloed.