Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 28
onderwysers
JUFFROU PRINSLOO ‘SOON TO BE’ JUFFROU VOSLOO
DEUR DEVANDREA VAN DER SANDT
Ons voer ‘n onderhoud met juffrou Prinsloo om te hoor hoe sy oor die idee van trou voel.
1. HOE LANK GAAN JUFFROU EN U VERLOOFDE (MARIO) UIT?
Een jaar en drie maande.
2. WAAR HET JUFFROU HOM ONTMOET?
Deur ‘n blind date wat Juffrou Kriel by haar huis gereël het.
3. HET JUFFROU DIT VERWAG DAT HY ‘DIE VRAAG’ GAAN VRA?
Nee, glad nie.
4. HOE VOEL JUFFROU OOR DIE IDEE…IS JUFFROU GEREED?
Ek is baie op gewonde en ek sien uit om ons lewe saam te begin, maar ek is nie gereed om my
van te los nie!
5. WAT IS JUFFROU SE WENSE NADAT JUFFROU GETROU HET?
My belangrikste wens is dat ons God die middelpunt van ons verhouding hou en so nader aan Hom beweeg.
Ons gaan dan ook so deur enige struikelblok kan kom.
6. WAAR EN WANNEER IS JUFFROU GEVRA OM TE TROU?
In Mosambiek op die strand in Pota d’Ouro in Desember.
7. WAAR GAAN JUFFROU TROU?
In Cradock, ‘n regte Karoo-troue op ’n plaas waar al die gaste ook kan bly.