Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 22

skaak Skaak Deur Karla Greyvenstein Daar is ‘n baie ywerige en bedrewe groep skaakspelers in Hoërskool Grens! Moet hulle nooit onderskat nie! Die woord, skaak, kom van die Persiese woord, sjah, wat koning beteken en dit is presies hoe ek ons skaakspelers sou beskryf: Ons EIE KONINGS! Jaarliks hou hulle ons skool se naam hoog! Skaak is een van die beste aktiwiteite waar jy jou breinspiere kan oefen! Maar kom ons vind ‘n bietjie meer uit oor ons skaakonderwyseres: JUFFROU TANKARD Hoe lank is Juffrou al ‘n skaakonderwyser? Vanaf 1990. Het ons leerders onlangs enige belangrike toekennings ontvang? JA! Van die skaakspelers het vir Grens-toernooie gekwalifiseer! Wat onthou Juffrou van Juffrou se eerste dag by Hoerskool Grens? Dit was die derde kwartaal. Ek was so bekommerd, want ek moes in n haas al die leerders leer ken het. Soet of sout, Juffrou? Definitief sout.