Lourier 2018 - Tweede Uitgawe Lourier Tweede Uitgawe PDF | Page 2

Na 14 jaar sê ons totsiens aan juf. Goosen Juf. Goosen sê sy gaan die kinders die meeste mis. Haar grootste vreugde en motivering, tydens haar jare by Grens, was om te sien hoe jongmense ontwik- kel. Die transformasie van Gr. 8 tot Gr. 12 is ongelooflik en dit is vir haar ‘n groot voorreg om deel van hierdie vorm- ingsjare te wees. Deur: Ruard Swanepoel Juf. Goosen en haar man het besluit hulle gaan die land verken. Nie met die spreekwoordelike “kar voor die perde” nie, maar eerder die “kar voor die woon- wa”! Sy sien baie daarna uit om ons mooi land beter te leer ken. Daar is vir hulle niks lekkerder as ‘n gesellige kampvuur en die roep van ‘n naguil nie. Familie is vir haar baie belangrik dus glo ons dat sy baie tyd saam met haar kinders en kleinkinders sal deurbring en geniet. Ons verlies is hulle wins. Sy onthou haar vroeë dae met deernis. Dit was ‘n tyd toe sy kon groei en leer onder die leiding en mentorskap van juf. Smith. Alhoewel ons dit natuurlik vir juf. Goosen gun, kan ons nie anders as om hartseer te wees om haar te groet nie. Haar voetspore het diep getrap en sy het waarlik ‘n hele paar stene by Grens gelê. Sy het “gebou” soos wat van ‘n Grensie verwag word en ons is opreg dankbaar vir al haar lang ure, geduld en liefde. Juf. Goosen is ‘n mense mens! Haar positiewe houding en liefde vir haar kol- legas en leerders is sigbaar. Sy leer ons dat alles makliker is as jy jou houding verander. ‘n Positiewe houding maak alle laste lig! Ons wens haar net die beste toe en glo dat sy hierdie “rustiger” tyd in haar lewe verdien en terdeë sal geniet. Sy het geleer dat elke dag nie maklik is nie en dat ‘n mens soms kwaad raak, maar jy moet lag, die goeie uithaal en die les daaruit leer. Dit is wat jou sterk maak en dit is wat elke dag spesiaal en die moeite werd maak. 1