Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | 页面 9

d i e le e r d e r ONDERWYSERS . vir Die lourier . va n di . e leerd Juffrou Myburgh - Toeka tot nou. ‘n Trotse tien jaar by die Hoërskool Grens. DEUR SAMANTHA CLOETE Juffrou Myburgh is een van die gunsteling- onderwysers by die skool en die Lourier het uitgevind dat dit vanjaar haar tiende jaar by die skool is. Ons het toe besluit om met haar ‘n onderhoud te voer. Ons het die vrae wat in die Lourier se “nuwe onnie” - artikel van 2007 verskyn het, gebruik. As Juffrou met enige “celeb” sou kon trou, wie sou dit wees? 2007: Daniel Carter 2017: Ek sou nie met ‘n celeb wou trou nie, want dan sal al die vrouens agter my man aan wees. Wat is u slagspreuk in u lewe? 2007: If you’re not living on the edge, you’re taking up too much space. 2017: Alles in die lewe is ‘n keuse wat jy maak.   Wat is u gunstelingkos? 2007: Pasta. 2017: Sushi. Hoekom het Juffrou besluit om ‘n onderwyseres te word? 2007: Die vakansies! 2017: Dit het per ongeluk gebeur. Ek was eintlik eers n sportorganiseerder by ‘n ander skool, maar as ek weer moet kies of ek ‘n onderwyser wil word, is my antwoord: Verseker ja! As Juffrou moes terugflits oor die laaste tien jaar by die Hoërskool Grens: Wat is Juffrou se gunstelingherinnering? Daar is te veel om net een te kies. Wie is of was u rolmodel en waarom? 2007: My ma; ek sal graag soos sy wil wees. 2017: My ouers, vir die voorbeeld wat hulle vir my gestel het. Watter rugbyspan ondersteun Juff rou? 2007: Natuurlik die Cheetahs! 2017: Cheetahs. Het Juffrou MXIT? (2007) Dalk… Het Juffrou Facebook? (2017) Uhm… Ja. Watter vakke gee Juffrou? 2007: EBW, NW en Biologie. 2017: EBW en Besigheidstudies. Wat is u gunstelingsepie? 2007: 7de Laan. 2017: Grey’s Anatomy. 8 . . er