Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 3

GESKIeDENIS HET JY GEWEET? Ons skool het baie verander soos die tyd verloop het. Dit het op vele terreine positief verander en verander nog steeds, want elke dag is daar iets nuuts waarmee ons kan spog. DEUR Tanika Thiart Ons sien ons skool as net ‘n skool, maar het ons regtig ‘n goeie kennis van ons skool? Ons skool is iets uit ‘n ander eeu soos ons jonges sal sê. Dit was anders, outyds en iets om te onthou. Ons het ‘n wonderlike Afrikaanse skool hierso beet, julle! Dit is soos ons tweede tuiste. Waarheen gaan ons as ons die huis soggens verlaat? Natuurlik ons tweede tuiste - ons skool. Kom ons pas dit mooi op en bewaar die skool vir ons nageslag. Ons skool het heel aan die begin in ‘n hospitaal- gebou (die Frere Hospitaal) begin. Die leerders was maar bitter min, maar moenie bekommerd wees nie; kyk hoe lyk ons skool nou. Baie leerders! Daar is leerders wat elke dag presteer en ons skool se naam hoog hou. Ons personeel het ook van een onderwyser gegroei na ons baie onnies wat ons elke dag van die alledaagse feite en somme leer. Moenie vergeet van ons interessante Toerisme-uitstappies en ander besoeke nie. Ons skooldrag lyk beslis beter as wat dit in die oudae gelyk het. Wie van julle kan onthou toe ons daardie chappie wrappers moes dra? Dit was lank ons skoolbaadjies. Ons blou baadjies wat ons nou dra, is slegs deur akademiese presteerders of die leerders wat goed in sport presteer het, gedra. Die matrieks is altyd leerders waarmee ons skool kan spog. Het julle geweet dat ons die meeste van die tyd ‘n 100% slaagsyfer het? Ja, dit is wonderlik! Ek sê vir julle: ons leerders is slim! Ons het in 2015 die toppresteerder in die Nasionale Sertifikaateksamen in Oos-Londen gehad. Ons skool is ons steunpilaar en sonder ‘n steunpilaar is ons onstabiel. Skool kan partykeer maar heelwat vervelig wees, maar dink net daaraan… Wat sal ons sonder ons tweede tuiste doen? So ek moedig julle aan: Weet julle dat ons ‘n biokinetikus het? Ja! Dit is die meneer wat nie net ons seuns maar ook meisies so mooi fiks hou! Ons skool het nie in die oudae hierdie geleenthede gehad nie. Ons moet waardeer wat ons skool vir ons aanbied, want daar is skole wat nie hierdie tipe voorregte het nie. KOM ONS BOU! 2