kykNET Uitgawe 3 - 2016 | Page 38

VROUEDAG & ERFENISDAG Nie net nóg ’n leeglêdag Op 9 Augustus is dit Vrouedag, en op 24 September vier Suid-Afrikaners Erfenisdag. ’n Paar kykNET-bekendes vertel wat hierdie dae vir hulle beteken. Vrouedag “Die 21ste eeu is ongetwyfeld die beste era vir vroue. Op Vrouedag is ek dankbaar vir al die vroue – my ma, my oumas, oumagrootjies – wat deur die eeue heen geveg en die hoogste prys betaal het vir die regte en voorregte wat ek nou geniet.” “Vrouedag is ’n viering van vrouwees en alles wat daarmee saamgaan: Om die lewe te kan skenk, mawees, en die geskiedenis én toekoms van die vrou. Maar bo alles is dit ’n viering van waartoe vroue in staat is, en dit is enigiets!” “Elke dag moet ’n dag wees waarop ons mekaar waardeer. Maar Vrouedag is ’n dag wat ’n bietjie erkenning gee aan die rol wat vroue ­– dikwels op die agtergrond – gespeel het om ons land en die wêreld ’n beter plek te maak.” – Jill Levenberg, Mymoena Samsodien in Suidooster – Pascal Pienaar, Karli du Preez in Binnelanders – Hannelie Warren, Ilse Ferreira in Binnelanders 38 “My lewe is vol wonderlike vroue en dus het die dag ’n spesiale bete­ke­nis. Al sê ’n mens vroue moet elke dag waardeer word, raak dit soms verlore tussen al die verantwoordelikhede van die lewe. Vrouedag gee ons mans die kans om die vroue in ons lewe te waardeer met ’n woord, daad of selfs geskenkie. Ons mans weet ons sou niks wees sonder vroue nie!” “Dis sommer twak. Ek stel voor ons verander dit na Mensedag. Almal in die land is ewe belangrik. Dis nie die feit dat jy ’n koning of ’n man of ’n politikus of ’n vrou is wat jou belangrik maak nie – ook nie of jy ryk of arm is nie. Jy’s belang­rik want jy’s jy!” Ontbytsake-aanbieder Ontbytsake-aanbieder – Jan Harm Schutte, kykNET | UITGAWE 3 | 2016 – Dawie Roodt,