Kortfilms: 2015
Beurtkrag
Met Lilani Prinsen en Stiaan Smith
Regisseur: Tina Kruger
Jasper en Fransie trek saam in ’n
woonstel in. Hulle is op die oog af
die perfekte paartjie in die perfekte
blyplek, maar ’n kragonderbreking
dwing hulle om met ander oë na
hul verhouding te kyk.
Die Snelweg Sluiper
Met onder andere Irshaad Ally en
Alwyn van der Merwe
Regisseur: Marius O’Neill
Een aand op ’n snelweg in ’n duis
ter, naamlose metropool wat deur
’n reeksmoordenaar bekend as Die
Snelweg Sluiper geteister word, ge
beur ’n reeks bisarre dinge …
Dominee-truuks
Met onder andere Rojean Serek, Hen
riëtta Gryffenberg, Jürgen Hell
berg,
Quanita Adams en Philip Moolman
Regisseur: Anel Stolp
Melissa, ’n stil en stemmige skoon
heidsterapeut, het ’n alter ego ge
naamd Wiks-my-Wilma, wat kliënte
in haar strafkamer “behandel”. Wan
neer een sterf, moet sy ’n plan maak
om van die lyk ontslae te raak.
Foto
Met Roeline Daneel, Antoinette Louw,
Ludwig Binge, Albert Maritz, Lida
Botha, Nicole Holm, Michael Nash,
Amber Bitzer en Lara Hattingh
Regisseur: Linsen Loots
’n Jong fotograaf probeer vasstel
wie die fotograaf is van die treffende
foto’s by ’n uitstalling en kom agter
baie van die mense wat afgeneem
is, het gewelddadig gesterf …
Hartloop
Met Jana Strydom en Jacques Bes
senger
Regisseur: Jody Abrahams
Janke word by die voorhek van haar
huis uit haar motor gepluk en gewa
pende mans jaag daarin weg. Dan
begin sy hardloop, want wat die
kapers nie weet nie, is dat sy enigiets
sal doen om dit wat in die motor is,
terug te kry.
Jan Umkhwetha
Met onder andere Ian Roberts,
Patrick Ndlovu, Sylvia Mngxekeza,
Lesoko Seabe en Chuma Sopotela
Regisseur: Brent Rumble
Jan en Jabu se verhouding berus
van kindsbeen af op suiwer ideale en
waardes. Niks kon tussen hulle kom
nie, of só het hulle gedink. Dertig jaar
ná ’n gebeurtenis wat hul vriendskap
gekos het, kruis Jan en Jabu se paaie
weer in die Transkei.
Kleingeld
Met onder andere Edwin van der
Walt, Marvin-Lee Beukes, Shamilla
Miller en Roland Reed
Regisseur: Zenn van Zyl
’n Petroljoggie het sy oog op ’n jong win
kelkassier, maar vanaand is haar laaste
aand by die werk en hy is vasbeslote om
haar uit te vra.
KonnekSIES
Met Chanelle de Jager, Melt Sieberhagen,
Martin Venter en Christel van den Bergh
Regisseurs: Nick Franklin en Mark Dymond
Bennie is ’n voorman op ’n plaas. Retha
is die bestuurder van die kwe
kery op
die dorp. Al twee is op soek na liefde en
wend hulle tot die internet. Het elke pot
sy deksel en is ons altyd wat ons voorgee
om te wees?
Melusine van Arcadia
Met onder andere Stephanie Gericke,
Lelia Etsebeth, Reine Swart en Brandon
Engelbrecht
Regisseur: Gerrit Schoonhoven
Drielingsusters woon in ’n woonstel in Arca
dia. Hulle word saamgebind deur Melusine,
wat misvorm gebore is en onder duistere
omstandighede van die buitewêreld weg
gesteek word.
van lyn af
Met Milan Murray, Stian Bam en
Martelize Kolver
Regisseur: AJ van der Merwe
Ciska is verknog aan sosiale media,
maar haar man, Du Preez, verpes dit
weer. Haar suster, Janie, sien dit as ’n
laaste uitweg om ’n maat te vind.
Sosiale media infiltreer op die een of
ander wyse dié drie se lewe, of hulle dit
wou gehad het of nie.
Vryslag
Met onder andere Gérard Rudolf,
Johnny Potsonyane, Aron Botha en
Robert Colman
Regisseur: Marcel van Heerden
Francois van Niekerk is ’n bekende
akteur. Mense herken en bewonder
hom, maar as enkelouer en enigste
broodwinner sukkel hy om kop bo
water te hou. Wanneer sy seun se skool
op agterstallige skoolgeld aandring,
word Francois in ’n krisis gedompel.
Skewe Reënboog
Met onder andere Gavin van den Berg,
Ashmund Martin en Kuloana Mmorake
Regisseur: Wim Steytler
Willem is vasgevang in die illusie van die
Reënboognasie. Hy woon as kluisenaar in
Santarama Miniland waar hy onophoudelik
bou aan ’n plastiekreënboog en portrette
van sy held, Madiba, teken. Een aand word
sy reënboog en portrette vernietig en hy
besluit om by Madiba hulp te gaan vra,
min wetend dat hy oorlede is.
Sweisbril
Met Neels van Jaarsveld, Alyzzander Fourie,
Laré Brink, Alan Glauber en Heidi Mollentze
Regisseur: Gérard Rudolf
Frannie is ’n sweiser, ’n gewone ou, maar
weens drank het hy sy werk, sy lewe, sy
vrou en sy kind verloor. Die dag voor ’n
algehele sonsverduistering leen hy twee
sweisbrille by Theo, sy bullebak-broer, vas
be
slote om die sons
verduistering vir sy
seun te wys. Maar waar is sy seun? Waar
is Jill, die vrou met wie hy getroud was?
Tekkies vir Trevor
Met Caylin Benting, Earl Goodman,
Renate Stuurman, Sonia Benham en
Damien Blaauw
Regisseur: Francois le Pere
Basil is alles wat sy broer nie is nie. Almal
weet dit, maar Basil sou graag meer soos
sy broer wou wees. Wanneer hy ’n geleent
heid kry om oor sy broer te praat, besef al
mal wat luister dat hy wel verander het …
Die volgende kortfilms is benoem.
Die wenner is in vet gedruk.
Beste kortfilm
Vryslag
Beurtkrag
Skewe Reënboog
Beste regisseur
Wim Steytler – Skewe Reënboog
Linsen Loots – Foto
Marcel van Heerden – Vryslag
Beste akteur
Gérard Rudolf