Dit was nog altyd my diepste oortuiging dat die
opleiding binne enige industrie die rotsbedding is
waarop daardie industrie staan. Hoe dieper en meer
solied daardie rotsbedding, hoe hoër die geboue,
as’t ware, wat daardie industrie kan bou. Vandaar my
werk as stigterslid van AFDA in die laat-negentigs; my
betrokkenheid by die dramareeks Sterlopers, wat dit
as mandaat het om ’n platform te skep vir die op
leiding van nuwe vervaardigers, regisseurs, skrywers
en ander produksiepersoneel in die vaardighede
van dramareeks-vervaardiging; en my bydrae as be
skermheer van die jaarlikse Oos-Kaapse hoërskooldramafees in Oos-Londen.
industrie (wat film én televisie behels). Ja, gevestigde
kunstenaars se werk word ook daar aangebied, maar
die regtig interessante dinge is aan die gebeur in die
kortfilms wat elke jaar vir die fees vervaardig word. Via
hierdie platform word nuwe vervaardigers, skrywers,
regisseurs, akteurs, kinematograwe, redigeerders, pro
duksieontwerpers, ensovoorts, elke jaar die kans gegun
om hul opleiding tot professionele uiting te omskep en
die eerste stappe te doen om hul plek in die industrie
af te pen.
Maar opleiding is net stap een. Wanneer die opleiding
voltooi is, moet die nuweling ’n professionele platform
gegun word om daardie nuutgevonde vaardighede te
toets, te slyp en ten toon te stel. In die teater het ons
baie sulke platforms – vanaf die destydse ATKV-Kampus
toneel, wat vele kunstenaars hul eerste hoë-profielplatform gebied het, tot die huidige kunstefeeste, waar
nuwe talent elke jaar op ’n professionele platform ten
toon gestel word. Maar dis platforms vir teater.
Die impak van die platform wat die Silwerskermfees
bring, kring wyd uit. Dit gee vir gevestigde ver
vaar
digers die geleentheid om te sien wie die
opkomende talent is. Wat help dit jy kry goeie
opleiding, maar niemand weet jy bestaan nie? Die
oorgang van opleiding tot erkenning as professionele
persoon is per slot van rekening die moeilikste brug
om oor te kom. Voor Silwerskerm was daar nie veel
vertoonplatforms waar gevestigde vervaardigers in
een week die talente en werk van ’n hele oes nuwe
talent kon gaan aanskou nie. Die Silwerskermfees
het hierdie leemte vol kom staan.
En daarom is kykNET se Silwerskermfees so belangrik.
Hierdie filmfees het in ’n paar kort jaar gegaan van
’n “o, oukei, dis interessant” tot dié vooraanstaande
platform en slypskool vir nuwe talent in ons silwerdoek-
Dit is my diepste oortuiging dat ons eendag sal
terugkyk na die stigting van die Silwerskermfees as ’n
kerndryfveer in die “new wave” van die Afrikaanse
filmbedryf wat ons tans beleef.
10 kykNET | UITGAWE 3 | 2015
Foto verskaf deur Deon Opperman Produksies (Edms) Bpk | Illustrasie verskaf deur www.freepik.com
Klik hier vir ’n
onderhoud met
Deon oor sy nuutste
epiese dramareeks,
Bloedbroers