Mymoena
Samsodien
(Jill Levenberg)
Chris du Plooy
Sy en AB het in dieselfde
buurt grootgeword. Sy het
ná skool ’n kortstondige
verhouding gehad en
swanger geraak, waarna
haar ouers haar Kuruman
toe gestuur het om die
kind te kry. Dié dogter is in
pleegsorg geplaas en sy
het kontak met die familie
verloor toe sy saam met
haar pleegouers Australië
toe getrek het. Mymoena
en AB se huwelik is deur die
familie gereël, maar hulle
het mettertyd vir mekaar
lief geword. Sy maak vinnig
vriende en kyk verby hul
swakhede. Sy het ’n meer
moderne uitkyk op die
lewe as AB.
AB Samsodien
(Cedwyn Joel)
Hy is baie konserwatief en
staan aan die hoof van ’n
moderne
Moslem-familie.
Hy is getroud met Mymoena
en hulle is Mrs. J (Shaleen) se
bure. Hy is erg oor familie en
tradisie en wil hê sy kinders
moet jonk trou en kinders
kry. AB en Mymoena se
families het mekaar geken
en dit was onvermydelik
dat hulle twee sou trou. AB,
’n apteker, het ’n hegte
verhouding met een van
sy tweelingseuns, Rhafiek,
maar is strenger met die
ander een, Rhihaaz, wat
volgens hom sy talente
mors. AB het altyd gedoen
wat van hom verwag is en
nooit die reëls oortree nie.
14 kykNET | UITGAWE 3 | 2015
(Marcel van
Heerden)
Hy is in Pretoria gebore en
sy ouers is geskei toe hy
jonk was. Hy het Kaapstad
toe getrek, alle kontak met
sy ouers verbreek en by die
polisie aangesluit. Chris was
getroud, maar hy deel nou
’n huis met sy neef Stefan
en Stefan se vrou, Michelle.
Chris se seun, Tim, het ook
onlangs by hulle ingetrek.
Chris het jare gelede uit
die polisiediens bedank en
werk vir Ian.
Bianca Fourie
(Simone
Biscombe)
Sy is Mymoena se dogter,
maar Mymoena meen sy is
steeds in Australië. Sy het by
verskeie gesinne grootge
word en het slegs ’n uiterlike
skyn van selfvertroue.Bianca
was aanvanklik te kwaad
om haar biologiese ma te
soek, en wanneer sy wel
daar opdaag, moet sy eers
moed bymekaarskraap om
haarself voor te stel. Haar
grootste droom is om werklik
deel van ’n familie te wees.
Sy was nog nooit verlief nie,
maar in der waarheid is sy
bang om emosioneel in
enige verhoudings betrokke
te raak.