kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 18

| Quanita Adams Deur Haidee Muller Met haar talent en borre­lende per­soonlik­heid – en ’n rak vol toe­ken­nings vir haar werk in die teater – het Quanita Adams in die sepie Binnelanders diep in TV-kykers se harte gekruip. Nou is sy te sien in Vinkel & Koljander, ’n reeks waarvan sy ook draaiboekskrywer was. S 18 y kom aangegalop. Wilde, wippende krul­ hare. Die sproetgesig onmiskenbaar. Amper nes Annie, die kinderster. Quanita Adams (38) se lokke het hulle eie per­ soon­likheid. Sy probeer hulle lankal nie meer ge­ tem kry nie. “Ek is ’n Moslemvrou, maar hoe dra ek ’n doek met dié hare? My kop sal soos ’n lan­ ternskerm lyk. Kan djy skrie!” Daai lyntjie volg ná amper elke sin, en ’n mens lei gou af dit beteken iets soos: Kan jy dit oorvertel? Die krullebol “het eers later kop uitgesteek” – die hare was eers lank en glad. “Sulke pêre-hare tot hier onder, maar dissie hormones, man,’’ vertel die joviale aktrise van Lotusrivier op die Kaapse Vlakte vroegoggend by ’n Kaapse inkopiesentrum. Dis ’n klipgooi van die stel van Vinkel & Koljander, die nuwe reeks uit haar en Louw Venter se pen. “Dit gaan oor ’n blended familie en hope kos,” vertel sy as ’n mens haar uitvra oor die reeks. “Amper soos my eie familie. Labarangtyd (feestyd) vra ons net: Wil jy eet? Bring net ’n present saam.” Binne vier woeste weke was hulle klaar geskryf aan dertien episodes. “Ek was in daai tyd soos ’n draak. Ons het besluit op temas; elke episode ver­ loop oor ’n maand in die jaar.” Sy speel Cheryl Solomons, ’n raakvat­tersjef, vas­ be­slote om haar sukkelende spyseniers­maat­skappy weer op die been te bring. Cheryl woon saam met haar man, Riyaan Solomons (Sherman Pharao), in Claremont in die Kaap. Riyaan se ma, Neesha Solo­ mons (Celeste Matthews), woon ook daar. “Dis ’n mother-in-law-storie. Albei kook, maar Neesha se styl is meer tradisionele Kaaps-Maleis, die soort kos wat Riyaan as kind geëet het. En ons moet die kombuis deel. Kan djy skrie! “Dis baie real. Ons het almal sulke stories, sulke families. Dit gaan interessant wees.” Kleintyd was sy ’n besige bytjie met hope per­ soonlikheid. “Ek het altyd gesing en toneelge­ speel. Skool-skool, winkel-winkel, bank-bank, met Monopoly-geld. My eerste rol, op laerskool, was Aspoestertjie.” Stout wees was taboe in die Adams-gesins­ kykNET | UITGAWE 2 | 2016