kykNET Uitgawe 2 - 2016 | Page 19

huis . Haar ma , Felicity , ’ n adminklerk in die modebe dryf , en pa , Nazeem , met sy eie sweisbesigheid , het haar en haar kleinboet , Tauriq ( 35 ), “ ’ n corporate cowboy wat in Noorweë werk ”, met streng waardes grootgemaak .
Eintlik het sy eers skone kunste ge stu deer aan die Universiteit van Kaapstad , maar ná twee jaar het sy na drama oorge skakel .
En sedertdien het die toekennings ingestroom . Fleur du Cap-pryse in 2003 , 2004 , 2008 en 2013 vir haar werk in die teater . ’ n Safta in 2006 vir die beste aktrise in die rolprent Unforgiveness . Ook ’ n Saftabe noeming in 2015 vir haar rol as Zadie September in Binnelanders .
“ Ek was mal oor Zadie . Sy ’ s ’ n jonger Quanita ; ek is net rustiger . Ek het soveel respek vir sepie-akteurs . Dis hectic , lang ure , maar jy kap aan .”
Internasionaal het sy al gesig gewys in die BBC se Holby City en ook die mediese dramareeks ER . “ Vier episodes , lekker geld . Ek was ’ n Saudi-verpleegster en het Noah Wyle en Mekhi Phifer ontmoet , lekker mense .
“ Ons akteurs móét oudisies aflê ; daai rol kom nie net na jou toe aangevlieg nie . Ons werk hard . Dis nie Hollywood nie . Jy moet lyne leer , voorbereid wees ... en dan wag . Soos almal .”
Hoe bly sy heeltyd so breëbek en vrolik ? “ Ek is baie positief en probeer gefokus bly , maar glo my , ek ken van challenges .”
Soos toe ’ n verhouding van tien jaar vyf jaar gelede tot ’ n einde gekom het . Quanita was verpletter . “ My familie moes maar troos . Hulle het my deurgedra .”
Die werk was ook nie altyd volop in die Goudstad nie . Sowat ses jaar gelede was sy ’ n volle jaar lank werkloos . “ Ek het gedog iets is fout met my , want ek gaan na hope oudisies , maar niks . Nou is dit anders . Ek skryf , ek skep .”
Deesdae woon sy in die Kaapse middestad , ná ’ n paar jaar in Johannesburg .
Swaarkry-tye hou jou plat , borrel sy verder . “ My ma sê altyd : ‘ Onthou , jy moet weer terugkom Lotusrivier toe , weer verby die gangsters loop .’ My ma-hulle is supertrots , solank ek uit skandes bly en my rent kan betaal .” Sy lag lekker , uitbundig .
Nou is daar weer ’ n ander eina-punt . “ My pa is onlangs oorlede . En ek is ’ n daddy ’ s girl . Dis moeilik , maar ek hou die blink kant bo .”
Tog blink daai ogies darem weer , en dis alles te danke aan ’ n sekere Amerikaanse meneer wat al drie jaar lank haar hart woes laat fladder . Hy is nie in die bedryf nie en nee , g ’ n name nie , asseblief tog .
Die twee het op 2 Januarie 2012 langs Nuweland se krieketveld ontmoet . “ Nogal Tweede Nuwejaar , ja . Ons het saam in ’ n Kombi-taxi geklim terug stad toe – ek kan mos nie bestuur nie . Voor ons inklim , het
Quanita Adams |
mense my herken en gevra vir foto ’ s . Die Amerikaner wou weet of ek famous is .”
Die twee beplan om hulle vir ’ n ruk in die VSA te vestig . “ Ek is nie ’ n vyfjaarplanmeisie nie – dit sal my mal maak . Maar as ek daar is , wil ek voortgaan met die draaiboekskrywery .”
Terwyl die Kaap nog die veilige hawe vir haar voete is , kuier sy gereeld by haar ouerhuis , en sy kook graag vir vriende ’ n mean kerrie .
“ Die Amerikaner het hier geleer van dite (’ n Kaapse woord vir iets lekkers om te eet ): Hy ’ s mal oor ’ n steak-gatsby .”
’ n Droomrol vir Quanita is dié van die jazzsanger Ella Fitzgerald in ’ n biografiese fliek . Dan kan sy haar twee groot liefdes – sang en toneelspel – kombineer . Sy het hoeka as jong meisie ’ n jaar lank in Spanje gaan sing .
Quanita in ’ n neutedop ? Grappig , ’ n smulpaap , liefdevol .
“ Ek glo in die liefde , ek speel toneel met my hele hart , en ek het met my hele hart lief . My ouers was ' n volle 47 jaar saam en hulle was steeds verlief .”
Amerika roep , maar terugkom Kaap toe is altyd ’ n moontlikheid . Haar hart is immers hier .
En op daai noot , sê Quanita , moet sy weer waai . Krulle wat wiep-wap in die og gend - bries . “ Mos werk , meisie . Kan djy skrie !”
Vinkel & Koljander is Maandae om 20:30 op kykNET ( DStv-kanaal 144 ) te sien .
19
Van links is Margot Luyt , Celeste Matthews , Pascual Wakefield , Tarryn Wyngaard , Sherman Pharo , Quanita Adams en Grant Powell wat almal te sien is in Vinkel & Koljander .
2016 | UITGAWE 2 | kykNET