Hier’s Emo, tien jaar later
As kind het hy in musiekblyspele van David Kramer en Taliep Petersen gespeel, maar toe
gaan hy terug skool toe en roep die teater vaarwel. Min het Emo Adams geweet die
lewe het ander planne met hom.
T
16
ien jaar gelede word Huisgenoot 90 jaar oud en hulle besluit
om ’n konsert te hou ter viering van die mylpaal. Die vervaar
digers van die konsert is Hennie van Greunen en Pedro Kruger,
en hulle kry ’n paar gevestigde name, maar ook twee onbekende
sangers. Een van hulle is Emo Adams.
“Dit was my eerste blootstelling aan feeste,” onthou Emo. “Ek
onthou hoe ons in die bus gery het van fees tot fees. Ek het nie
eens Afrikaanse liedjies geken nie. Dit was crazy. Maar daarna het
Huisgenoot my gevra om vir Taliep in te staan by hulle Kaapse
Jol-konsert. Ek het sy liedjies gesing, maar ook “Gums Kawielie
Wams”, ’n tradisionele Maleierliedjie. Daarna het ek ’n Tempotoekenning gewen vir die beste kopskuif-album en is gevra om by
Skouspel op te tree. Dís toe mense my begin raaksien het.”
Dit was so hittete of Emo het nie ’n vermaakkunstenaar
geword nie. “Ek was nege jaar oud toe ek in District Six: The
Musical gespeel het. Daarna is ek terug skool toe, maar het later
as ’n stage hand by die Baxter gewerk. David en Taliep het Kat
and the Kings gedoen en een van die spelers het nie opgedaag
vir die repetisies nie. David het gevra of ek sal instaan, en omdat
ek die woorde en moves so goed geken het, het ek gedink:
Hoekom nie? ’n Week later toer ons na Johannesburg, en vir die
volgende tien jaar is dit deel van my lewe. Londen, Rotterdam,
Las Vegas, Kaapstad …”
kykNET | UITGAWE 2 | 2016
David en Taliep het ’n groot invloed op sy lewe gehad, maar
as hy een mens moet uitsonder wat die grootste invloed gehad
het, is dit sy pa, Omar.
“Hy kyk na dinge met ’n ander oog,” sê Emo. “Ek het my tanne
saam met hom gesny. Toe ek op my eie wou gaan, het hy gesê
hy dink nie ek gaan dit maak nie. Ek was vasbeslote om hom
verkeerd te bewys. Baie jare later het hy erken hy het dit aspris
gesê omdat hy geweet het ek sou wou wys ek kán dit maak.”
Jou Show, wat op 4 April vir ’n tiende reeks teruggekeer het,
is een van die hoogtepunte van sy loopbaan.
“My gunsteling-gas? Dit mag dalk ’n cliché wees, maar dis Riaan
Cruywagen. Hy is opreg en die coolste ou. Ek weet nie of mense
weet hoe snaaks hy is nie. Hy is flippen, flippen snaaks. En hy is
dieselfde ou voor en agter die kameras. Dis vir my so ’n eer om
mense te ontmoet wat ek op TV gesien het toe ek ’n laaitie was.”
Wie sal hy graag nog op die program wil kry? “David Kramer,
Nataniël, Casper de Vries, Gareth Cliff, Randall Abrahams, Anton
Goosen, Laurika Rauch, Mmusi Maimane en Julius Malema.”
Hy dink kunstenaars kan bydra tot verdraagsaamheid in
die land. “Ons het ’n stem. My boodskap is positief. Dis nie ’n
maklike bedryf nie en jy moet soms hare op jou tande hê, maar
ek is ’n laaitie van Mitchells Plain wat dit gemaak het en ander
moet weet hulle kan ook. Ons kort lag en liefde. Dít is wat ek glo.”