Deon Opperman |
Hoewel dié reeks
heeltemal anders is
as sy vorige werk,
is daar een tipiese
Deon Oppermankenmerk: Dis
geskryf vir die
gehoor. “Ek wil hê
die kykers moet
saam met die
karakters op reis
gaan en dan sê:
‘My maggies!’ ”
geskryf het nie. “Die hele span was onder
enorme druk,” sê hy oor die filmspan vir
Fluiters, en lag ’n stoute laggie, amper soos
’n propperse booswig. “Ek het dit geskryf
soos ek dit sien: As ek wou hê hulle moet
hardloop, dan het ek hulle laat hardloop. As
ek wou hê hulle moet onder die straat in ’n
drein wegkruip, dan het ek dit so geskryf.
As ek wou hê ’n kar moet ontplof, dan
het ek die kar laat ontplof. Die span moes
self uitwerk hoe om dit te skiet. En dis nie
maklik nie!”
Hy het behoorlik laat looi, want hy het
die volste vertroue in Jozua Malherbe, die
regisseur met wie hy altyd saamwerk. “Hy
deliver altyd en hy is goed met akteurs.
Hy het die vermoë om onder geweldige
druk en teen ’n spoed te werk.”
Deon sê hy het geen behoefte om die
regie van so ’n reeks te behartig nie. “Die
vroeë oggende is te veel soos die army. Ek
laat dit alles aan Jozua oor. Hy het hierdie
keer self geskiet én die regie behartig. Ek
vertrou hom en ons vul mekaar goed aan.
Ek droom oor woorde, hy droom oor beelde. Ek post quotes, hy post foto’s. Hy kyk na
die wêreld deur ’n lens.”
Deon het 13 weke lank aan die reeks
geskryf – een episode