#Silwerskermfees
Nuut op die
Silwerskermfees
Die beste nuwe Afrikaanse speelfilms – wat eers later uitgereik
word – word weer vanjaar by die Silwerskermfees gewys.
Vaselinetjie
Liewe Kersfeesvader
Skrywer en regisseur Etienne Fourie
’n Skoonheidskoningin word in vroeë
volwassendheid gedwing wanneer haar pa
’n nuwe identiteit aanneem: Kersvader.
Terwyl sy haar kranksinnige pa, ’n vat-
bare boetie en ’n ontwikkelende romanse
balanseer, moet Nonnie (Mila Guy) haar
eie betekenis van familie herdefinieer.
’n Verhaal van ’n gewone familie wat
ongewone uitdagings te bowe kom. Ook
met Dean Smith, Eloff Snyman, June van
Merch, Terence Bridgett, Morné Visser,
Milan Murray en Melt Sieberhagen.
Meerkat Maantuig
Meerkat Mantuig
Regisseur Hanneke Schutte
Gideonette woon saam met haar ouers
op ’n klein dorpie. Haar pa het ’n doodse
vrees dat hy ’n wrede dood gaan sterf
aangesien al sy naamgenote, Gideon de la
Rey, só gesterf het. Wanneer haar pa wel
sterf, word Gideonette na haar grootouers
toe gestuur waar sy vir Bhubesi, ’n dowe
seun, ontmoet wat daaroor droom om
’n ruimtevaarder te word. Met Anchen
du Plessis, Rika Sennett, Pierre van Plet-
zen, Themba Ntuli en Drikus Volschenk.
Raaiselkind
Regisseur André Velts
Draaiboek Lizé Vosloo
Raaiselkind, gegrond op die gelyknamige
boek deur Annelie Botes, is ’n verhaal wat
Vuil Wasgoed
die kruis van outisme genadeloos uitbeeld
en die verwoestende uitwerking wat dit
op ’n gesin het, blootlê. ’n Negejarige
seuntjie, Alexander, word dood
aangetref. Sy ma, Ingrid, het haar
lewe aan hom toegewy, maar
word ingeneem vir ondervrag-
Die Silwerskermfees
ing. Het sy hom vermoor?
het ’n Facebookblad
Met Diaan Lawrenson, Neels
– gaan na facebook.
Clasen, June van Merch,
com/silwerskerm-
Deon Lotz en Anrich Herbst.
fees
24
kykNET | AUGUSTUS 2017
Vaselinetjie
Regisseur Corné van Rooyen
Draaiboek Corné en René van Rooyen
Helena “Vaselinetjie” Bosman, ’n wit
meisie wat deur haar bruin grootouers
grootgemaak word, word deur die welsyn
na ’n staatsweeshuis in Johannesburg
gestuur. Vir die eerste keer word Vase-
linetjie met die lewe se wrede werkliheid
gekonfronteer. Met Marguerite van
Eeden, Arno Greeff, Shaleen Surtie-Rich-
ards, Royston Stoffels en Nicole Bond.
Vuil Wasgoed
Regisseur Morné du Toit
Draaiboek Bennie Fourie
Wim en Kevin werk in ’n wassery. Deur
die dag is dinge vervelig, maar saans hou
hulle partytjie in hulle kliënte se klere.
Op een so ’n geleentheid ontdek hulle
’n afgesnyde vinger in ’n baadjiesak...
Met Bennie Fourie, Bouwer Bosch, Tim
Theron, Stiaan Smith, Nico Panagio,
Charlie Bouguenon, Simoné Nortmann
en Leandie du Randt.
Wonderlus
Skrywer en regisseur Johan Cronjé
’n Troue word op sy kop gedraai, en
die volgende oggend moet vriende én
vyande die raaisel van die vorige aand
probeer oplos. In die soeke na antwoorde
moet ’n bruidegom die liefde van sy lewe
agternasit, ’n bruid haar losmaak van
haar verlede en ’n kelnerin van die hede
ontsnap. Met Mila Guy, Lea Vivier, Edwin
van der Walt, Beer Adriaanse, Lynelle
Kenned, Adam Heyns en Ansu Visser.
’n Aantal kaartjies vir die Silwerskermfees
is beskikbaar vir die publiek. Dit is van
14 Augustus af beskikbaar – hou kykNET
se webwerf en Facebookblad dop vir meer
besonderhede. www.kyknet.tv