kykNET April 2017 | Page 11

HIER BY HAAR HUIS werkskaf June graag en kook vir hartsvriende . Sy is privaat ; dis nie enige Jan Rap en sy maat wat hierheen genooi word nie . In die eetkamer , op ’ n rakkie , staan die toekennings : Avanti ’ s en Artes ’ e , ’ n Veertjie vir Saartjie Botha se radiodrama Behoort . Maar oor dié pluimpies is sy min gespin . “ Ek werk nie vir toekennings nie .”
Haar eintlike heiligdom is haar garage . Binne staan twee bromponies – die groot baaik het sy verkoop . Oor die artritis in die hande , verduidelik June . Daar ’ s tools net waar jy kyk : tange , bore , houer tjies met omtrent enige ding waarmee jy iets kan regruk ...
“ Ek het Flerrie [ haar ou kar ] self reggemaak . Toe my pa nog geleef het , het hy oor die foon raad gegee . Ek het self uitlaatpype vervang , briekskoene opgetrek .”
En waar is haar twakpyp ? Sy was lank een van min vroue wat pyp gerook het . “ My mond het begin seer raak ,” lag sy . “ Ek is al tien jaar klaar met die pyp .”
Sy gesels oor haar grootworddae in Tarka , Mosselbaai . “ Ek is op Ladismith gebore en was ’ n baba toe ons Tarka toe is .” As die jongste van vier – en die enigste dogter – was sy ’ n regte rabbedoe . “ Ek en my ouboetas se main ding was straatkrieket . Dan klap antie Sarah daar van die stoep af hande en skree : ‘ Wys hulle , June ’ tjie , wys hulle !’ Hei , dan slaat ek daai sesse en hulle kry my nie uit nie .” Haar “ Dedda ” het destyds ’ n general
June is geen onbekende op TV nie – op kykNET was sy te sien in Die Boekklub .
June van Merch en Natania van Heerden in ’ n emosionele toneel uit Sara se Geheim .
dealer-winkel gehad , vertel June . “ My ma , Maria , was die spreekwoordelike vrou agter die man . My pa het alles verkoop , van sout tot naalde , van skoene tot smeerwors en snuif . En daai Ingelse boekies .”
Dis nou die boekies wat haar gehelp het met haar gebroke Engels . “ Ek was mos by Immaculata in die Kaap , die struggle-dae , en aan die begin het ek amper elke dag in die skooltoilet weggekruip . Seker maar oorweldig gevoel . Dalk oor die Ingels , dalk daai posh girls met die gladde hare . Ek kom uit ’ n gegoede huis , maar nou nie op daai laadiedaa-vlak nie .”
Toe sluit sy ’ n sonderlinge vriendskap met een van die “ slimste girlies ”.
“ Ons was boesempêlle , en sy ’ t my geleer om nie skaam te wees oor ek van die plaas af kom nie .”
HOE KRY SY DIT REG om haar karakters só eg te speel ? “ Dit sit hier binne-in my ,” sê June . “ Ek bodder nie daarmee nie en analiseer dit nie . Ek ís net . Ek ís .”
Sy glo in lewe ná die dood . “ My nekhare staan orent as ek klavier speel . Dan voel ek my pa se teenwoordigheid . Hy kon goed klavier speel . Ek is ’ n pa-kind , my bokkie .”
Die afgelope ses jaar het haar verhouding met haar ma versterk . “ Toé eers het ek besef watter liefde sy uitstraal .”
Nou se June is meer ontspanne . Chilled , sê sy .
“ Begin 2000 het ek ’ n vyf jaar lange droogte beleef , en ek moes kamers verhuur aan studente om my verband te kon betaal . Toe kry ’ n pêl vir my ’ n onderwyspos by Worcester Senior Sekondêr . Ek het ses maande lank skoolgehou ... en toe begin die verhoogwerk weer loop . “ Droogtes bring mense bymekaar .” En liefde ? “ Mos Petunia , my staffiehond . Sy is ’ n paar jaar gelede aan nierversaking dood . Ek was lief vir daai hond .” Sy vryf daai wilde hare nóg wilder . “ Mense vra altyd of ek anders is hie ’ by die huis . Nee man , ek is dieselle , oral .”
Sara se Geheim Vanaf Dinsdag 11 April om 20:00 op kykNET , kanaal 144
11
APRIL 2017 | kykNET