Sjokoladeklontjies
maak 40 klontjies
Bestanddele:
125 g margarien of botter
500 ml suiker
125 ml kakao
125 ml melk
750 ml hawermout
250 ml fyn klapper
5 ml vanieljegeursel
Metode:
1. Smeer die bakplate met margarien of botter.
2. Meet die margarien,die suiker, kakao en melk af in n pot.
3. Skakel n stoofplaat aan op matige hitte. Plaas die pot op die plaat en roer die mengsel tot dit kook.
4. Skakel die plaat op lae hitte en laat dit presies 5 minute lank kook. Haal die pot van die plaat af. Skakel die plaat af.
5. Roer die hawermout, die klapper en vanieljegeursel by tot alles goed gemeng is.
6. Skep klein klontjies met twee teelepels op die bakplate terwyl die mengsel nog warm is.
7. Laat dit staan tot dit goed afgekoel en styf is.
Resepte
Anne strydom (11)