Karoo kids Uitgawe 4, 2017 | Page 12

GROOT EN KLEIN HET ALMAL GROOT PRET!

Op Woensdag 21 Junie is daar ‘n lekker pret hokkie-dag gehou op Middelburg by die binnehuise hokkiebaan.

Die kinders is verdeel in twee o/9 spanne, 2 o/13 spanne en 2 o/18 spanne. Daar was ook 3 ouer-spanne, onder andere met ‘n paar “skool”-ouers wat kom saamspeel het. Elke span het 2 wedstryde gespeel, met (veral) die jonger kinders wat eintlik maar heeltyd langsaan op die netbalbaan aan die gang was! Ina Botha (afrigter) en haar dogter Arijana, wat vir die Proteas hokkie speel, het ook kom saamspeel.

Die dag het vir die kinders die geleentheid gegee om hul vaardighede ten toon te stel, vir die ouers om te leer en om hul fiksheid (of die gebrek daaraan!) te toets, en belangrikste van alles: vir almal om ‘n heerlike tyd te hê!

Lize van der Walt