Nonsens rympies:
1.
Kyk in die spieël,
Appels word uitgedeel.
Wag, het jy jou verbeel?
Of het ‘n baba jou hart gesteel!
O wee,
Wees gedwee!
Is jy dalk verleë?
Kyk na jou voete,
Ry só en kry ‘n boete.
Is jy dalk verbaas?
Jou ore is van kaas!
Charlize de Villiers