DOLFYNFEITE
Dolfyne is soogdiere, nie visse nie.
Dolfyne en walvisse word met ‘n snor gebore.
Dolfyne kan nie ruik nie.
‘n Dolfyn het sowat 100 tande. Hy gryp sy kos met sy tande, maar sluk dit heel in. Dolfyne kan nie hulle kos kou nie, omdat hulle nie spiere in hulle kake het nie.
‘n Dolfyn slaap met een oog oop en skakel die helfte van sy brein af. Die ander helfte laat hom weet as daar gevaar is, en waneer dit tyd is om deur die wateroppervlak te breek om asem te haal.
Dolfyne en walvisse word stert eerste gebore sodat hulle dadelik na die oppervlak kan swem om asem te haal.
Dolphine kan tot 15 minute onder water bly sonder om asem te haal.
‘n Dolfyn het lewenslank dieselfde stel tande. Sy ouderdom kan bepaal word deur die ringe in sy tande te tel.