Karoo kids Uitgawe 2, 2016 | Page 42

Die sywurm is ‘n ongelooflike insek omdat hulle, hul koekon van sy spin. Die sywurm mot lê ‘n eier so groot soos ‘n speldekoppie. Na ‘n jaar broei die eiers uit. Sodra die klein sywurmpies uitgebroei het begin hulle eet. Hulle eet net moerbeiboom blare, en ongelooflik baie daarvan. Hulle eet dag en nag! Omdat sywurms so baie eet groei hulle ook baie vinnig. Hulle vervel vier keer voordat hulle in papies verander. Voordat hulle in papies verander spin hulle ‘n kokon van sy om hulself. Die kokon bestaan uit een enkele sydraad, wat tussen 300 en 900 meter lank is! In die kokon verander die wurm in ‘n mot! Die mot lê weer eiers en so begin die siklus weer van voor af.

Die Metamorfose van n Sywurm

Talitha Loubster (12)