Hinterlander May / June 2018 | Page 2

ALGEMEEN Boodskap van die BD Mede-Hinterlander, S Geluk! Hinterland is vyf jaar jonk! oos u almal bewus is het Hinterland op 1 Junie sy vyfde verjaardag gevier. Ons is dankbaar dat ons kan terugkyk na die afgelope vyf jaar en sekere hoogtepunte en mylpale kan uitlig. Ek moet daarom dankie sê vir u, ons personeel se toewyding en bydrae tot die suksesse behaal. Sommige van ons takke en hul personeel het die verjaarsdag met oorgawe en trots gevier - dankie aan elkeen wat dit spesiaal gemaak het vir ons klante en personeel. Dit is egter ook die ideale tyd om ons besigheid opnuut onder ‘n ver- grootglas te plaas, deur die vorige jare deeglik te analiseer en te evalueer ten einde ons besigheid te herposisioneer vir volhoubare groei en toene- mende waardetoevoeging tot ons klante, aandeelhouers en personeel. Ek is seker dat u, soos ek, ook al een of ander fliek meer as een keer gekyk en ook gesien het dat die einde elke keer dieselfde is as die vorige keer. Wat wil ek hiermee sê? Dit het geen waarde om dieselfde beplan- ning, aksies en fokus op ons besigheid te plaas en dan te verwag dat die uitkoms gaan verander of verbeter nie. Wat nodig is, is dat ons moet terugkyk om vas te stel wat in die vyf jaar gewerk het en wat nie, asook wat gebeur en wat nie moes gebeur het nie. Juis om dié rede het ons, soos u bewus is, aan die begin van die jaar ons besigheid tot stilstand gebring en nuwe strukture in plek gestel met her- nude fokus daarop om ons besigheid op koers te kry. Besluite is in belang van ons besigheid geneem en sal steeds geneem word om ons volhou- baarheid as ‘n besigheid te verseker. Ek besef dat die veranderinge ongemak en onsekerheid veroorsaak het en dit is verstaanbaar, maar ek versoek weereens dat die veranderinge deur u elkeen ondersteun word en dat u die veranderinge met 'n posi- tiewe gesindheid sal benader sodat u ook deel kan wees van Hinterland se uiteindelike suksesstorie. Ek wil afsluit deur u aan te moedig om deurlopend gefokus te bly op dit wat werklik saak maak, om elke situasie deeglik te ondersoek en dan te benader met ‘n oplossing in gedagte en dat u nie die uitdagings groter sal maak as wat dit werklik is nie. Sterkte en voorspoed met u taak en die nuwe uitdagings. Hinterland groete. Daan Matt 5:13 Vat jou uitdagings vas!! Uitdagings is deel van die lewe en hoe ons daaroor dink, bepaal hoe ons daarop gaan reageer. Ons kan uitstyg bo die uitdagings wat ons beleef. Dis juis in die “challenging” situasies waar dit voel of jy ‘n doodloop- straat bereik het, dat jy moet kies om bo jou omstan- dighede uit te styg! As jy ‘n punt bereik waar jy nie jou omstandighede kan verander nie, is die uitdaging om jouself te verander! Soms moet ons eers op die punt kom waar dit voel asof alles om ons in duie stort, voordat ons besef die oplossing lê eintlik in myself! Dis ek wat moet verander! Alles begin by jou ingesteldheid. Jy moet jouself inoefen om in alle omstandighede positief te bly! As jy met ‘n positiewe ingesteldheid leef, beteken dit nie jy is blind vir die lewe se uitdagings of dat jy moet maak of jy dit nie raaksien en ignoreer nie. Néé, jy leer jouself om juis in die lewenstorms, as jy nie weet waarnatoe nou nie, jouself met die vraag te konfronteer: Moet ek nie dalk verander, sodat my omstandighede kan verander nie? Maar hoe leef jy met 'n positiewe ingesteldheid? Dink mooi, op dié oomblik is jy nie eers daarvan bewus dat jou hart elke sekonde klop om sy werk te doen nie. Maar as jy ‘n hartkwaal gehad het en jou hart moes sukkel om sy werk met reëlmaat te doen, sou jy elke oomblik van jou hart bewus gewees het en besef het hoe nodig jy ‘n gesonde hart het om effektief te kan funksioneer. Net so moet jy deurlopend bewus wees van hoe nodig jy ‘n positiewe ingesteldheid het om al die negatiewe aanslae wat die lewe en ander rolspelers op jou lewenspad plaas, te hanteer en om dit sinvol te verwerk! Ons as gelowiges het ‘n vaste Anker,‘n Hoop waaraan ons kan vashou, Jesus! Daar is ook baie beloftes in die Bybel waarop ons kan staan wat ons gemoedsrus gee en dit is goed, maar dit maak ons soms blind vir die feit dat die oplossing vir ‘n probleem dalk by myself moet begin. Dit vra dalk net ‘n veran- dering in my eie gedrag, in my manier van dink en hoe ek uiteindelik daarop gaan reageer. Kom ons volg die Spreuke skrywer se raad in Spreuke 4:23 - "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe." REDAKSIE: REDAKTEUR: Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 | [email protected] ONTWERP EN UITLEG: Pieter Swanepoel | [email protected] 2 Herontdek dÍt wat saakmaak