Hinterlander January / February 2019 | Page 2

ALGEMEEN Boodskap van die BD Mede-Hinterlander, Matt 5:13 H iermee wens ek elke Hinterlander ñ voorspoedige 2019 toe. My wens vir elkeen van julle is dat die jaar jul persoonlike verwag- tinge in alle opsigte sal oortref! Ek vertrou dat die meeste van ons gedurende die afgelope Kerstyd ook kwaliteittyd saam met ons geliefdes, familie en vriende kon spandeer en die geboorte van Jesus ons Verlosser, ook op 'n gepaste wyse gevier het. Ek hoop dat elkeen se spreekwoordelike batterye gelaai is sodat julle 2019 met hernude energie en fokus kan aanpak, en daardeur sal voort- bou op die suksesse wat ons sover behaal het. Die nuwe jaar het, soos verwag, nie sonder uitdagings aangebreek nie en ek glo nie daar is iemand wat nie hierdie nuwe jaar op ñ drafstap begin het nie. Met dié dat die reën eers laat in Desember in groot dele van ons westelike bedieningsgebied geval het, het aanplantingsaktiwiteite ook eers laat in Desember afgeskop. Mielieaanplantings is as gevolg van die laat reën selfs tot die middel van Januarie gedoen. Hierdie laat aanplant- ings het ñ wesenlike effek op ons Desember finansiële resultaat gehad, veral op die insetkommoditeite. Met dié gebeure in gedagte, is dit belangrik dat alle uitgawes, ongeag die omvang daarvan, krities geëvalueer en oorweeg moet word, voordat dit aangegaan word. Dit is uiters belangrik dat ons ook tydens alle klante-in- teraksie seker sal maak dat dit vir die klant ñ aangename en positiewe ervaring is. Ons elkeen moet die daarstel van oplossings as ñ persoonlike missie sien en daarop ingestel wees om die uitdagings wat opduik, uit te presteer. Verder is dit belangrik dat ons positiwiteit moet behou en aanhou om ñ boodskap van hoop uit te dra. Kom ons bly gefokus op dit wat waarde toevoeg en dit wat werklik saak maak. Laaste, maar beslis nie die minste nie, is dat ons moet aanhou om dit wat ons doen, met volle oorgawe te doen, toegewy aan en in afhanklikheid van ons Skepper, in die wete dat alles wat ons het en alles wat ons ontvang alleen uit Sy genade is. Sterkte aan elkeen vir die taak op hande, en onthou om nie hoop te verloor nie. Hinterland groete Daan Vat jou uitdagings vas!! Is jou lewe oorvloedig? Andersom gestel: Lewe jy, of bestaan jy? Dink bietjie: hoe was jou gisters en wat is jou verwagtinge vir 2019 se môres? As jy ‘n gelowige is vir wie God se Woord belangrik is, is jy goed bekend met Johannes 10:10 waar Jesus sê: “…..Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Mag ek jou vra of jy dit werklik beleef, ‘n oorvloedige lewe? Miskien is ons verstaan van Jesus se woorde ver- keerd, miskien lees ons: ‘n lewe met oorvloed en nie in oorvloed nie? As jy daarop roem dat Jesus jou Verlosser is, moet Hy die slagaar van jou lewe wees, want dan lééf jy in en deur en vanuit Hom, en Hom alleen! Niks anders as God se wil rig dan jou lewe nie! Dan getuig jy saam met Paulus in Filippense 3: “dat dit wat eers vir jou ‘n bate was, nou waardeloos geword het”, omdat jy in God, jou alles gevind het. Dan kry Jesus se belofte van ‘n lewe in oorvloed ‘n heel nuwe betekenis! Kom ons strewe in 2019 na Jesus se lewe-in-oorvloed, maar hoe lyk so ‘n lewe? • As jy vrede gemaak het met jou verlede, gefokus is op dié oomblik en optimisties bly oor die toekoms - toon jy tekens van ’n oorvloedige lewe. • As jy besef dat sukses en besittings nie bepaal wie jy is nie, en mislukking en gebrek ook nie – toon jy tekens van ’n oorvloedige lewe. • As jy gevul is met geloof, hoop en liefde, en nie met woede, skuldgevoelens en wraakgedagtes leef nie – toon jy tekens van ’n oorvloedige lewe. • As jy geleer het dat om te gee beter is as om te ontvang – toon jy ook tekens van ’n oorvloedige lewe. Dis juis die goed wat jy weggee wat jou ryk maak. • As jy hoop gee vir wanhopiges, omgee vir verstotenes, hartseer voel saam met die wat treur en bly is saam met die wat bly is – toon jy tekens van ’n oorvloedige lewe. • As jy sonder bitterheid kan terugkyk na jou gisters en vorentoe kyk met hoop, afkyk in nederigheid en opkyk met dankbaarheid – toon jy tekens van ’n oorvloedige lewe. • As jy uit jou hart uit kan sê: Om Christus te ken oor- tref alles in waarde – dan hét jy lewe in oorvloed. Mag jy in 2019 ‘n lewe in oorvloed belééf! REDAKSIE: REDAKTEUR: Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 | [email protected] ONTWERP EN UITLEG: Pieter Swanepoel | [email protected] 2 Herontdek dÍt wat saakmaak