GROND tot MOND Winter 2022 Uitgawe 13 | Page 59

LANDBOUTOERISME | MATROOSBERG-NATUURRESERVAAT
Cordré meen die duurste les wat die landbou jou leer en wat jou ook die meeste skade kan berokken , is die kwessie van prysbepalings . “ Ons is prysnemers , ons kan nie bepaal watter pryse ons vir ons produkte wil hê nie . Óf ons nou hael- óf wind- óf rypskade gehad het , die pryse word deur die markte bepaal .”
Hy sê die nuwe appelboorde word arbeidersvriendelik aangeplant – bome word gesnoei om vrugte laer te dra sodat lere nie nodig is om by hoë appels uit te kom nie . Dit spaar tyd en gevolglik ook arbeidskoste omdat die werk minder ure en inspanning verg . Hy sê brandstof , elektrisiteit en arbeidskoste styg altyd vinniger as die inflasiekoers en moet goed bestuur word .
Didi se woorde op die webwerf , sal my egter nog langer bybly . Sy herinner besoekers daaraan om benewens die regte klere , ook sonroom en ‘ n kamera saam te bring en vra dat jy ook jou liefde en blydskap moet onthou .
DRIE FOTO ’ S LINKS EN DIE EEN : Die Koue
Bokkeveld word gereeld met sneew bedek . Die uie word geoes en eers in plastiekkratte gepak , dan na houtkratte oorgedra en deur trekkers na die pakstoor gesleep vanwaar dit met vervoertrokke mark toe gaan .
WINTER 2022 GROND TOT MOND 59