GROND tot MOND Winter 2022 Uitgawe 13 | Page 58

“ Daar is byvoorbeeld nou ’ n produk wat tot 20 % water kan bespaar – water wat dus elders gebruik kan word .”
MATROOSBERG-NATUURRESERVAAT | LANDBOUTOERISME
22 personeellede aan diens is . Hier vlieg klein stukkies uieskille soos sneeuvlokkies deur die lug . Op die uielande staan trekkers met kratte op sleepwaentjies , gereed om verwerk te word .
Teen die rantjie van die uielande hou die Matroosberg trots wag oor die skapies wat teen haar voete wei .
Die plaas se appels en pere word met die hand gepluk en dan by ’ n ander pakstoor verpak – slegs die uie word op Erfdeel verwerk .
Die Witzenberg , wat Ceres en Prince Alfred Hamlet insluit , lê in ’ n winterreënvalstreek met temperature wat in die winter baie skerp daal , en aan vrugtebome die geleentheid bied om goed te rus . Ryp kom algemeen voor en die lang , warm somers verg goeie beplanning vir water en opgaardamme , en boorgate en reënwatertenks is van kardinale belang .
Cordré vertel dat hulle uie pak vir Mosambiek , Angola en Zambië en dat hul tot 32 verskillende soorte uiesaad kweek . Tydens die plaastoere kry besoekers die geleentheid om die verskillende stappe in die siklus van plant , oes , snoei en grondvoorbereiding op die plaas te ervaar . Van die plaas se 2 000 hektaar , word net meer as 100 hektaar bewerk omdat dit al water is wat daar beskikbaar is . Didi vertel dat die bewaring van die berg vir hul gesin van groot belang is , en dit kan nie onder slot en grendel gehou word nie . “ Ons glo aan bewaring deur deelname , en deur meer mense die geleentheid te bied om in die natuur te ontspan en te stap , ervaar hulle ook die natuurskoon .”
Cordré vertel die stygende energiekostes én -kunsmispryse is sy grootste uitdagings aan die produksiekant van die plaas , asook die uitdaging om betroubare personeel te behou .
Die markneigings bepaal nuwe kultivars wat aangeplant moet word en hy glo dat aanpasbaarheid die sleutel tot boerderysukses is .
Tegnologie speel ’ n groot rol in hoe hy sy boerdery bestuur , maar hy erken dat hy groter tegnologiese veranderinge verwag het , en toe egter heelwat groter veranderinge op biologiese front ervaar het . “ Dis nie noodwendig dat ons nuwe goed uitvind nie , maar dis eerder ’ n geval van dat ons biologie beter verstaan en aanwend . Daar is byvoorbeeld nou ’ n biologiese produk wat jou tot 20 % water kan bespaar . Daardie water kan dus elders vir uitbreidings aangewend word .”
ONDER : Die pakstoor waar duisende uie met die hand gesorteer en verpak word , is ’ n bedrywige affêre . Tydens die oesseisoen word nuwe vragte heeldag ingebring . Met 22 personeellede het die uiestoor ‘ n kapasiteit van 3 500 sakkies ( 35 ton ) wat daagliks gelewer kan word . ONDER REGS : Die los uieskille word met hierdie groot waaier uitgeblaas sodat daar nie onnodige los skille in die sakke verpak word nie .
“ Daar is byvoorbeeld nou ’ n produk wat tot 20 % water kan bespaar – water wat dus elders gebruik kan word .”
58 GROND TOT MOND WINTER 2022