GROND tot MOND Winter 2022 Uitgawe 13 | Page 56

Daar heers ’ n baie opgewekte en lighartige stemming op die plaas , niemand is ernstig en beswaard nie en bewaring en werk word met ywer gedoen .
MATROOSBERG-NATUURRESERVAAT | LANDBOUTOERISME
Hul dogter , Heike , behartig ook die toerisme-deel van die plaas , beman die ontvangskantoor en is ’ n raakvatter en aanwins met haar oorsigtelike begrip van die plaasbedrywighede . Sy vertel dat haar oupa die plaas 44 jaar gelede gekoop het , en dat landbou natuurlik altyd die slagaar van die boerdery was , tot hulle 22 jaar gelede ook begin het om landboutoerisme aan te bied het .
Daar heers ’ n baie opgewekte en lighartige stemming op die plaas , niemand is ernstig en beswaard nie en bewaring en werk word met ywer gedoen .
Sy vertel van die tien verskillende tipes akkommodasie waaruit gaste kan kies en dat daar 250 beddens in chalets en huisies is asook ’ n verdere 250 slaapplekke in twee aparte kampterreine .
Heike vertel dat Facebook die plaas se lewenslyn is , aangesien die gure weer in die yskoue winters die plaas dikwels sonder krag of sein laat , en dan word alles op hul Facebookblad gekommunikeer .
“ As ons die dag vroeër oopmaak of as dit gesneeu het , of as daar ander nuus is om met besoekers te deel , doen ons dit op Facebook .”
Op die webwerf is daar ’ n video van ’ n sneeubedekte Matroosberg en ‘ n mens kan beswaarlik glo dat dit in Suid-Afrika geneem is .
Daar heers ’ n baie opgewekte en lighartige stemming op die plaas , niemand is ernstig en beswaard nie en bewaring en werk word met ywer gedoen . Ek lees op hul webwerf van die diere wat die plaasspan bedank vir hul insette om besoekers aan die plaas te verwelkom :
Brakkies , die klein Jack Russell ; en Jaeny , die Golden Retriever , wat mal is oor gaste . Brakkies sal maklik saam met jou oorslaap , klim graag in jou 4x4 of draf sommer gou-gou die berg uit !
Daar is ook ’ n paar perde , donkies en Alpakkas wat mal is oor iets te ete en ’ n kopvryf .
Heike vertel dat baie van die terugvoer op hul sosiale media-inskrywings lewer kommentaar oor Didi se komieklike skrywes en hulle volg alles wat sy sê ; of hulle nou gereeld op die plaas kom of nie !
Besoekers se behoeftes en plesier is beslis bo aan die prioriteitslysie . Daar is ’ n 4x4-roete wat besoekers na die piek van die Matroosberg ( op 2 240 m bo seespieël die hoogste piek in die Boland ) kan neem . Jy kan dit ook met jou eie 4x4 aandurf , maar Heike sê die roete is baie steil en nie alle veldvoertuie is opgewasse daarvoor nie . Slegs 4x4-voertuie met lae ratverhoudings en ewenaarslotte is geskik . In die winter neem dié baie gewilde 18 km-roete jou na die dik sneeu .
“ Neem genoeg padkos en drinkgoed , want as ’ n voertuig op die enkelbaan breek , gaan jy dalk sit en wag .”
Piekniekmandjies kan nou by die nuwe restaurant – ’ n informele plaasrestaurant – bestel word . Daar is ook ’ n mini-gholfbaan , binnenshuise swembad en kroeg gebou . Vir diegene wat die ander dele van die plaas verkies , is daar rotspoele om in te swem , staproetes , of jy kan met die ou Bedford-trok aangery word .
GROENTE VIR POTJIEKOS EN VRUGTE
Die Smiths se seun , Cordré , is die finansiële bestuurder en hy behartig die boerdery-gedeelte van die plaas en sien om na die appel- , pere- en uieboerdery . Daar is ook ’ n klein stukkie grond met skorsies en pampoen . Ons ontmoet vir Cordré in die uiestoor waar die daaglikse kapasiteit 3 500 sakkies ( 35 ton ) is wanneer
56 GROND TOT MOND WINTER 2022