GROND tot MOND Winter 2022 Uitgawe 13 | Page 55

LANDBOUTOERISME | MATROOSBERG-NATUURRESERVAAT
LINKERBLADFOTO ’ S : Uie is een van die plaas se hoofprodukte en die produksiesiklus van bolplant tot saad word hier uitgebeeld . BO LINKS : Die uiestoor is ’ n miernes van bedrywigheid . Kratte met uie kom van die lande af en word dan gesorteer en verpak . BO REGS : Wanneer die kwik tot onder vriespunt daal , word die boomtakke met yskristalle bedek . Asemrowend mooi .
Erfdeel se geskiedenis is baie interessant : die oorspronklike plaas het vanaf die huidige plaas , vir meer as 100 km gestrek , al die pad tot by Tweedside , naby Matjiesfontein . Later jare is daar op dié streek , vanuit ’ n plaasopstal , sowat 20 km vanaf die huidige plaaswerf , geboer en die geboue wat nou die hart van die reservaat en plaas vorm , is destyds vir ’ n paar maande elke jaar vir lewende hawe-beskutting gebruik .
Vandag bestaan die plaas uit 130 ha appels en pere , 35 ha uie , ’ n paar hektaar proteas wat vir droë blomme gelewer word en ’ n paar skape wat aan die Laingsburgslagpale gelewer word .
Die plaas is ’ n Smith-spanpoging : van Pa André wat sy bes probeer om af te tree , maar steeds ’ n belangrike rolspeler in die plaas se toerisme-aanbieding is , tot André , wie die meesterbrein en ontwikkelaar is van ‘ n heel nuwe vrugte-aanplantingsmetode , asook sy dogter , Didi , wat in September saam met hom en die minister van landbou na Italië gaan om na soortgelyke aanplantings te gaan kyk . Ook ma Cora , wie dalk eerder kleinkinders aan haar rokspante verkies , kan haarself eenvoudig nie daarvan weerhou om gaste met ’ n varsgebakte brood te bederf nie .
LANDBOUTOERISME
Didi behartig die toerisme , bemarking en spyseniering en is ook ’ n abseil- en hoë touinstrukteur . Tydens skoolvakansies bied sy verskeie interessante aktiwiteite vir kinders aan om hulle die plaaslewe te laat ervaar . Sy is ook gekwalifiseerd om giftige slange te vang , te verwyder en te hervestig , in ’ n poging om die Bo-Swaarmoed-gemeenskap meer omgewingsbewus te maak , asook om mense – veral kinders – meer te leer oor die belangrike rol wat slange in die omgewing speel .
Waldo , Didi se man , behartig die bouprojekte , is verantwoordelik vir instandhouding , verwelkoming van gaste en hy behartig die bemarking van vierwielmotorfietsen bergsafari ’ s .
Hy is wel nie bloedfamilie nie , maar hy is al só deel van die familie , hy kon netsowel ’ n Smith gewees het !
WINTER 2022 GROND TOT MOND 55