GROND tot MOND Winter 2022 Uitgawe 13 | Page 54

MATROOSBERG-NATUURRESERVAAT | LANDBOUTOERISME
Vir dié wat weet , is dié berg egter heeljaar ‘ n besienswaardige bestemming vir gesinne , avontuursoekers en natuurliefhebbers , en is ‘ n besoek aan die Matroosbergnatuurreservaat ‘ n jaarlikse instelling .
Mens kan nie help om jou aanhoudend te verkyk aan die Hexrivierberge te verkyk wanneer jy op die R46 , oos uit Ceres in die rigting van Touwsrivier ry nie . Ná sowat 11 km draai jy regs op die Bo-Swaarmoed-pad . Ek wonder waar die pad sy swaarmoedige naam gekry het , want hier voel dit eerder of mens met ’ n lied in jou hart in die rigting van Klondyke-kersieplaas ry , voor jy weer regs draai by Erfdeel / Matroosberg .
Die 35 km-rit duur ’ n rapsie meer as ’ n halfuur en jou longe is vol vars lug wat by die oop ruit inwaai , die stadiger pas dwing jou in die natuur in . Jou oë kyk anders as in die stad .
ERFDEEL PLAAS – IETS VAN ALLES
Dis vroegoggend lekker warm toe die bestuurder , Didi de Kock , ons verwelkom .
Die Matroosberg-natuurreservaat lê op die plaas Erfdeel , ’ n werkende plaas met vrugte en groente , wat ook plaastoere aanbied . Daar is staproetes , 4x4-roetes en besoekers kan in die plaasdamme kom kunsvlieghengel .
54 GROND TOT MOND WINTER 2022