GROND tot MOND Winter 2022 Uitgawe 13 | Page 53

LANDBOUTOERISME | MATROOSBERG-NATUURRESERVAAT
Wanneer die sneeuvlokkies in Ceres val , is al wat leef en beef in hul motors om die Matroosberg met sy sneeukombers te gaan geniet . Daar word sneeumanne met wortelneuse gebou , droë takke word inderhaas vir arms ingespan en serpe word om die sneeumanne se yskoue nekke gedraai . Groot sneeuballe tref dik baadjies met dowwe plofgeluide – sneeupret op sy beste , ’ n uur of drie van die Kaap af .
BO LINKS : Die sneeubedekte pieke en berghange skep ‘ n sprokietoneel wat baie besoekers lok . BO REGS : Cordré Smith met sy hondjie , Milly .
WINTER 2022 GROND TOT MOND 53