Daar word daarom toenemend gepleit vir’ n meer mededingende produksie- en handelsomgewing, onder meer deur’ n deursigtige stelsel vir JSE-liggingsdifferensiale, groter graanuitvoer na Afrika en regulatoriese sekerheid wat investering in’ n plaaslike biobrandstofbedryf kan ontsluit.
± R696 miljoen moontlike totale waardeverskil.
Die finansiële omvang van selfs tegniese markbesluite is groot. Verskillende metodes vir sojaboonliggingsdifferensiale kan gemiddeld sowat R220 / t verskil, met’ n moontlike totale waardeverskil van ongeveer R696 miljoen.
Die kern van die waarskuwing is eenvoudig: voedselsekerheid hang nie net daarvan af dat boere goeie oeste lewer nie, maar dat dit finansieel sin maak om volgende jaar weer te plant.