Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 41

BROKKIES | NUUS

Rekordoes beteken nie rekordwins nie

’ n Groot oes lyk goed op papier, maar vir graanprodusente vertel die bankrekening dikwels’ n ander storie.

Mieliepryse was in Januarie 2026 ongeveer 22 % laer as’ n jaar tevore, terwyl die totale insetkoste vir mielieproduksie met sowat 19 % gestyg het. Meer as 80 % van graanproduksie-insette word boonop ingevoer en teen invoerpariteit geprys.

R220 / t verskil in liggingsdifferensiale

Diesel plaas verdere druk op marges. Ná die Augustusprysverhoging het diesel met tussen R1,23 en R1,38 per liter gestyg. Vir’ n produsent wat 50 000 liter gebruik, beteken dit’ n bykomende bruto uitgawe van ongeveer R61 700 tot R69 200, nog voordat duurder saad, kunsmis, chemiese middels of finansiering in berekening gebring word.

Available at your nearest Agrimark SEPT 2026 GROND TOT MOND 0