Grond tot Mond SEPT 2026 - Uitgawe 39 | Page 24

NUUS | BROKKIES

Grondverdigting is een van die probleme wat hy gereeld in sukkelende boorde aantref, selfs in sandgrond.

’ n Verdigte laag kan veroorsaak dat water en wortels nie die verwagte diepte bereik nie. Om dan bloot langer te besproei, los nie die probleem op nie. Water kan sywaarts versprei, suurstof uit die wortelsone verdryf en wortelafsterwing veroorsaak.

“ Besproeiing begin onder die grondoppervlak.”

Hy beveel daarom gedetailleerde grondklassifikasie aan. Wanneer gronddata met opbrengs, onderstamme en kultivars gekombineer word, kan produsente sien watter kombinasies op bepaalde gronde die beste presteer.

Die beginsel bly eenvoudig: verstaan eers die grond en besluit dan hoeveel water die plant werklik nodig het.

SONKRAG VRA BETER ONTWERP

Hannes van Niekerk het daarop gewys dat’ n paar sonpanele nie outomaties’ n doeltreffende besproeiingstelsel skep nie.

Die pomp, motor, veranderlikespoedaandrywing, pypdiameters, kabels, werksdruk en beskikbare sonenergie moet as een stelsel ontwerp word.

In een voorbeeld het die korrekte kombinasie van pomp en motor’ n stelseldoeltreffendheid van sowat 82 % gelewer. Met’ n minder doeltreffende kombinasie het dit tot 64,4 % gedaal.

24 GROND TOT MOND SEPT 2026