Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 42

NUUS | BROKKIES

Rooibos laat tilapia vinniger groei – nuwe studie baan weg vir volhoubare akwakultuur

In’ n studie deur Walter Sisulu Universiteit het navorsers ontdek dat die byvoeging van groen Rooibos-ekstrak tot tilapia-voer visgroei en voereffektiwiteit verbeter. Onder leiding van prof. Grace Okuthe is kommersiële visvoer vergelyk met voer wat met Rooibos-ekstrak verryk is. Tilapia wat groen Rooibos gevoer is, het sowat 2.83 % vinniger gegroei en 0.9 % meer doeltreffend voer omgeskakel in liggaamsmassa.“ Dit lyk dalk min, maar in kommersiële akwakultuur beteken selfs fraksionele verbeterings beduidende kostebesparings en verminderde omgewingsimpak,” sê prof. Okuthe.

Die span glo die effek hou verband met Rooibos se bio-aktiewe verbindings wat dermgesondheid bevorder en voeding-stofabsorpsie verbeter. Die studie het ook DNS-beskerming in die visse gevind.“ Dit gaan oor die verbetering van die vis se doeltreffendheid en veerkragtigheid,” sê Okuthe.

2.83 %

Tilapia het 2. 83 % vinniger gegroei met groen Rooibos-ekstrak in hul voer.

42 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025