BROKKIES | NUUS
Green Farms se krag lê in sy multi-oorsprongmodel. Deur vennootskappe in Australië, Brasilië en Oos-Afrika kan die maatskappy voortdurend volume beskikbaar stel en kliënte se behoeftes bevredig – selfs al verander marktoestande. Die internasionale bemarkingsarm, Green & Gold Macadamias, brei intussen die voetspoor in Asië en Europa uit. Met die meeste van 2025 se volumes reeds verkoop en geen oordragvoorraad van verlede seisoen nie, is Green Farms in’ n stewige posisie om markte te bedien ondanks VSA-tariewe.
Al is uitdagings groot, wys die langtermynvooruitsigte steeds op groei. Jong boorde kom in produksie, verbruikers is ingestel op gesonde eetgewoontes, en die neut se premium en veelsydige karakter maak dat globale vraag waarskynlik sal styg.
Whyte glo aanpassings sal die bedryf sterker maak:“ Ons het al baie ontwrigting beleef. Wat tel, is dat ons veerkragtig en innoverend bly. Só bou ons volhoubaarheid vir die toekoms.”
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 9