BROKKIES | NUUS
Volgens Dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, wys die rekord“ die groeiende erkenning van lam as’ n premium produk en die krag van Lamb Champs om dit te verhoog.” Die byeenkoms het meer as 4 000 mense gelok en was reeds dae voor die tyd uitverkoop.
GLANS EN GEHALTE BY NAMPO ALFA
Die hoogtepunt van die seisoen het op 17 Oktober 2025 plaasgevind by die Lamb Champs Alfa Dinee in Bothaville. Voor’ n gehoor van 450 gaste is Hennie Jonker van Kroonstad met sy Hampshire Down as Lamb Champs Nasionale Kampioen gekroon. Jonker se lam het uitgestaan in elke beoordelingsfase – van op-die-hoef tot die finale proe – en hy stap weg met R50 000 kontant, die brons trofee deur beeldhouer Nic van Rensburg ter waarde van R80 000, en verskeie ander pryse.
Die vier streekskampioene wat meegeding het, was; Lize Mans( Kenhardt, Noord-Kaap), JP Nel( Vryburg, Noordwes), Hennie Jonker( Kroonstad, Vrystaat) en Louis Botha( Cradock, Oos-Kaap).
Met Pick n Pay as hoofborg, en Toyota, ZarBet en Provantage as vennote, het Lamb Champs gegroei tot’ n beweging wat familieboere en verbruikers bymekaar bring. Meer as 266 lammers is hierdie seisoen gespit en 12 000 besoekers het die vier streeksbyeenkomste bygewoon – in Kimberley, Pretoria, Parys en Paarl. Met beplanning vir Lamb Champs 2026 reeds aan die gang, bly die boodskap duidelik: Suid-Afrika se familie-boere is ware kampioene – op die plaas, in die kombuis én op die verhoog.
Besoek gerus www. lambchamps. co. za vir meer inligting.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 29