Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 126

GERBER & CO + GIDEON MILLING | WAARDEKETTING

Jurianne Schreuder : “ In 2011 , by Klein Kariba , Bela- Bela , het die Here in my oor gepraat en gesê : ‘ Bou jou huis op vier of vyf pilare , want as die storm kom en een pilaar kraak , val die huis nie om nie .’

As ‘ n koringboer is ek totaal uitgelewer aan die elemente . Die koringprys is nie gereguleer nie . Ek boer al sedert 1994 en het die tye voor en ná die deregulering van koringpryse beleef . Toe dit nog gereguleerd was , sou die minister van landbou na die boere luister en hulle verwagtinge oor ‘ n koringprys in ag neem , sodat boere steeds winsgewend kon boer .

Maar in 1996 is daardie mat onder ons uitgeruk , en ons was heeltemal uitgelewer aan die eksterne markkragte . Ons kan niks aan die koringprys doen nie , want as primêre produsente is ons prysnemers .

64 GROND TOT MOND OKT | NOV 2024