Grond tot Mond Okt Nov 2024 - Uitgawe 24 | Page 125

WAARDEKETTING | GERBER & CO + GIDEON MILLING

WAT WAS DIE A-HA OOMBLIK TOE JY BESEF HET JY MOET IETS MEER DOEN IN JOU BESIGHEID ?

Stefan Gerber : “ Ek het nie ‘ n ‘ aha ’ -oomblik gehad nie , maar eerder ‘ n ‘ o , ek ’ s amper in my moer ’ -oomblik . Die idee om waarde tot my produk toe te voeg , was nie ‘ n plan nie , maar eerder ‘ n noodsaaklikheid weens die aanhoudende droogte in Namakwaland , waar ons met Merino ’ s boer .

Ek het besef dat ek net 7 % van die waardeketting besit . Ek verloor 22 % van my wol se waarde nog voordat dit van my plaas af gaan waarvan ek al die risiko dra – die jakkals , rooikat , skeerders , wolsakke , vervoer , versekering , kommissie ens ... Die afwesigheid van eienaarskap oor my eie produk het my gedwing om ernstig te dink oor waardetoevoeging .”

Stefan en Francisce Gerber op hul plaas in Bitterfontein , geklee in hul eie handelsnaam wolklere — perfek vir die Suid-Afrikaanse winter .

OKT | NOV 2024 GROND TOT MOND 63