Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 3

INHOUDSOPGAWE

INHOUD 8

DEUR DIE LENS:

8 Engelke Blomme In Philippi hou die Engelke-familie al bykans 100 jaar hul blombesigheid aan die groei. Met tonnels, meer as 40 variëteite en’ n eenvoudige resep van bid en werk, bly hulle’ n bekende naam in die Kaapse blombedryf.

HANDIG & NUTTIG:

12 Boonste rakke Produkte wat ons oog gevang het: prakties, slim en gemaak vir die plaaslewe.

KORTLIKS:

16 Jongboere vat landbou vorentoe Die 2026 Agri Wes-Kaap | Santam Jongboer van die Jaarkandidate is bekend. Ontmoet die jong produsente wat met visie, deursettingsvermoë en vernuwende denke die toekoms van landbou help vorm.

21 Klein plakker, groot stap ClemenGold ® se nuwe komposteerbare vrugte-etiket is’ n eenvoudige verandering met groot betekenis vir volhoubaarheid, verbruikersgerief en die varsprodukteketting.

MEI 2026 GROND TOT MOND 3