Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 21

BROKKIES | NUUS

ClemenGold ® en Sinclair bring’ n gesertifiseerde komposteerbare vrugte-etiket na die varsprodukteketting. ClemenGold International, die Suid-Afrikaanse House of Brands agter ClemenGold ®-mandaryne, het met die wêreldwye varsproduk-etiketteringsleiPper Sinclair en sy agent HG Molenaar saamgespan om die Sinclair T55 bekend te stel.

Dit is die wêreld se eerste vrugte-etiket wat gesertifiseer is vir beide tuis- én industriële kompostering.

Dié samewerking wys hoe ernstig die maatskappye is oor die vermindering van enkelgebruik-etiketteringsafval, sonder om die praktiese vereistes van moderne varsprodukverskaffingskettings in te boet. Vrugte-etikette moet steeds goed werk, hou waar dit moet hou, en die handelsmerk se impak by die verbruiker behou.

MEI 2026 GROND TOT MOND 21