Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 16

NUUS | BROKKIES

Die kandidate vir die 2026 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie is bekend. Agri Wes-Kaap kondig met trots die kandidate aan vir die 2026 Agri Wes-Kaap | Santam Jongboer van die Jaar kompetisie – ʼn groep uitstaande jong produsente wat die toekoms van landbou in die Wes-Kaap verteenwoordig.

HIERDIE JAAR SE KANDIDATE IS:

ALBERT SMIT( 31) VAN CLANWILLIAM – ROOIBOSTEE, SITRUS EN SKAAP

“ My langtermyn visie vir my boerdery is die groei en uitbreiding aan die verbouing van sitrus en rooibos, werkers bemagtig deur verdere opleiding en ontwikkeling, die plaas beter te optimaliseer en volhoubaarheid te verseker deur verdere presisieboerdery te implementeer. Ek mik om selfvoorsienend in energie verbruik te wees – tans is ons op 50 % ek wil graag 90 % wees.”

16 GROND TOT MOND MEI 2026