DEUR DIE LENS
word, terwyl water’ n bepalende faktor in elke besluit bly. Selfs die trop boerbokke dra prakties by deur indringerplante onder beheer te help hou. Op Morgenster vorm die perde deel van die plaas se besondere karakter, nou verweef met Gillese de Villiers se passie vir diere en haar indrukwekkende pad in uithouritte.
Op Morgenster gaan dit uiteindelik oor meer as net produksie. Dit gaan oor familie, aanpasbaarheid en die soort deursettingsvermoë wat maak dat’ n mens op kleiner grond nie minder boer nie, maar met nog groter oortuiging.
MRT 2026 GROND TOT MOND 19