PATENSIE SITRUS | SITRUS
WELKOME REËN TE MIDDE VAN ERGE VLOEDE
“ Ons is baie dankbaar vir die reën wat geval het. Die dam was’ n skrale 31 % vol en ons was bekommerd oor die volgende oes en dat ons nie genoeg water gaan hê nie. Daar moet nou hard gewerk word om infrastruktuur, veral paaie, maar ook besproeiing te herstel. Beskadigde boorde moet ook gerehabiliteer word.”
Fredri sê sappryse was vir drie jaar baie goed, maar het intussen afgeneem. Sappryse is nou onder druk en kan’ n langtermyntendens wees omdat Egipte in dié tyd baie sapfabrieke gebou het. Dit sal vir’ n lang tyd’ n invloed hê op die internasionale konsentraatprys, voorspel hy.
“ Daar moet nou hard gewerk word om infrastruktuur, veral paaie, maar ook besproeiing te herstel.”
So onlangs as drie jaar gelede was die aantal nette waaronder sitrus verbou word, baie minder as vandag. Produsente het eintlik nie meer’ n keuse as om in nette te belê nie sodat minder Klas 2- en Klas 3-sitrus geproduseer word. Daar is nie meer’ n plek in die mark daarvoor nie. Die lewering van premiumvrugte is die enigste manier om in die mark mee te ding.
Fredri,’ n CGA-direksielid, meen die vereniging het nie sy gelyke in die wêreld nie.“ Om die volgende generasie se voortbestaan te verseker, moet ons nuwe markte ontwikkel, risiko’ s versprei en die speelveld gelyk maak. Dit verg harde werk en betrokkenheid.”
96 GROND TOT MOND JUN 2026