INHOUDSOPGAWE
84 Wanneer net die beste vrugte die wêreld haal By Patensie Sitrus in die Gamtoosvallei word duisende ton sitrus jaarliks vir uitvoermarkte verpak, waar gehalte, voorskrifte en voedselveiligheid nie onderhandelbaar is nie. Ná die Mei-vloede moes die pakhuis en produsente vinnig aanpas om steeds aan streng internasionale vereistes te voldoen.
98 Boerdery met minder aan die toeval oorgelaat Nette, plastiek en beskermingstelsels word al hoe belangriker in boorde en wingerde waar weer, markdruk en gehaltevereistes produsente se beplanning bepaal. Van tafeldruiwe tot sitrus en kernvrugte wys produsente hoe slim infrastruktuur kan help om risiko te bestuur, pakuit te verbeter en waarde te beskerm.
112 Nuwe boek boei met 100 Sauvignon Blanc-stories The Story of South African Sauvignon Blanc vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se belangrikste witwynkultivars deur middel van 100 stories, wynmakersprofiele en pragtige fotografie. Die boek vier die mense, streke en geskiedenis wat Sauvignon Blanc plaaslik gevorm het.
84
JUN 2026 GROND TOT MOND 7