Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 36

NUUS | BROKKIES

Die dagprogram sluit in:

•’ n Familie-veldstap en-draf ten bate van die Emmanuel Children’ s Home;

• die BKB Jeugskou, waar kinders meer oor Karoo-vee en verantwoordelike dierehantering leer;

• die Karoo Good News-program met dr. Johan van Rooyen en prof. Bruce Rubidge;

•’ n paneelgesprek wat die vroue van die Karoo vereer;

• potjiekosdemonstrasies deur Chef Ollie;

•’ n uitsending van die Springbokke se rugbytoets; en

• die WolJol met Dodo Nyoka en Rooksein as hoofkunstenaars.

SELF HAND AAN WOL SLAAN

Die uitgebreide werksessieprogram gee besoekers die kans om self met natuurlike vesels te werk. Onderwerpe sluit in:

• weef, brei en vervilting;

• natuurlike kleurtegnieke;

• werk met rou vag;

• lanoliengebaseerde velsorgprodukte; en

• dekor met wol en winterblomme. Werksessies moet vooraf direk by aanbieders bespreek word. Die Knit a Square-inisiatief moedig feesgangers aan om musse, serpe of gebreide vierkante te skenk. Dié items word aan behoeftige mense in Karoo-gemeenskappe uitgedeel om hulle gedurende die koue wintermaande warm te hou.

36 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025