Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 35

BROKKIES | NUUS

Die National Wool Growers’ Association se Boerepraatjies vorm’ n belangrike deel van die program. Hoogtepunte sluit in:

•“ Wat is werklik en wat is net’ n tendens?” met Pieter du Toit, Johann Kotzé en Ivor Price;

•’ n middagpaneel oor tegnologie en innovasie met Johan Coetzee, dr. Glen Taylor, prof. JW Swanepoel, Deon Saayman en Frikkie Fouché;

•’ n gesprek met ontwerpers oor egtheid, materiale en die stories agter natuurlike vesels;

• landbou-uitstallings en voorafbespreekte werksessies; en

• die bekendstelling van die kinderboek Luca the Lamb.

Die dag eindig met die gewilde Kampvuurkuier en lewendige musiek onder die Karoo-sterre.

SATERDAG IS VIR DIE HELE GESIN

Saterdag 4 Julie kombineer plaaslewe, kos, gemeenskap en vermaak.

JUN 2026 GROND TOT MOND 37