HANDIG & NUTTIG
Gerber & Co Mans Sherpa-baadjie
Warmte ontmoet styl in hierdie sagte, dik sherpabaadjie. Met’ n gemaklike pasvorm, diep sakke en’ n hoë kraag is dit perfek vir koue dae – of jy nou op die plaas of in die stad is. Gerber & Co koop plaaslike wol aan en verwerk dit self in premium klere by hul Paarl-fabriek.
R3 200 – gerberandco. com
Barrydale Hand Weavers Dikgeweefde Kniekombers
’ n Warm, handgeweefde kombers van plaaslike katoen – perfek vir koue dae. Met’ n ryk tekstuur en natuurlike tossels bring dit gemak en styl na enige leefruimte. Barrydale Hand Weavers skep tydlose tekstiele deur plaaslike wewers te ondersteun en Suid-Afrikaanse katoen met sorg te benut.
R1 399 – barrydaleweavers. co. za
32 30 GROND TOT MOND JUN 2025 2026